‘Verkragter’-polisieman te siek vir hof

Die Brackenfell-polisiestasie. (Foto: Brackenfell Community Police Forum/Facebook)

ʼn Polisiebeampte van Brackenfell, wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn vrou verkrag het, is die afgelope naweek in hegtenis geneem. Die vrou het by die polisie om hulp aangeklop, nadat haar kêrel haar glo aangerand het.

Die polisiebeampte het egter sy hofverskyning misgeloop nadat hy die vorige aand siek geword het en in die hospitaal opgeneem is.

Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het aan Maroela Media vertel dat die betrokke beampte reeds Vrydag in hegtenis geneem is en Maandag in die Blue Downs-landdroshof in Kaapstad moes verskyn het.

“Die verdagte het egter nie in die hof verskyn nie, want hy is in die hospitaal opgeneem,” sê sy.

“Hy sal na verwagting Donderdag in dieselfde hof verskyn.”

Die beampte se inhegtenisneming volg nadat hy vroeër die maand glo aangebied het om die slagoffer na ʼn veiliger plek te neem, maar toe verkrag het.

Die betrokke beampte word intussen ook aan ʼn interne ondersoek onderwerp.

“Die SAPD beskou die aantygings teen die betrokke polisielid in ʼn ernstige lig,” het brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, destyds aan Maroela Media vertel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Swerwer ·

Asseblief, Zuma het mos die voorbeeld gestel so sal die ANC Kader nou weer wegkom

Mariana ·

Heito potatoe, Zuma taktiek. Hy sal nie vir altyd “siek” wees nie.

JohanR ·

Soos Jacob Zuma sal jou dag in die hof kom. As dit nie volgende week is nie, sal dit die week na wees. Jy kan nie vir altyd siek wees nie!

KatjieDeKat ·

Hoe gerieflik. Ag wel, siekte gaan gelukkig verby, boeta. Jy gaan nog steeds een of ander tyd in die hof moet verskyn.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.