‘Verkragter’ raak glo bo-op slagoffer aan die slaap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van KwaZulu-Natal is oor die naweek in hegtenis geneem nadat hy aan die slaap geraak het terwyl hy glo sy verhuurder verkrag het.

“Die 28-jarige man het haar glo Sondag omstreeks 17:00 met ʼn mes by haar huis in Umzinto gedreig,” het Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê, berig News24. “Sy is gedwing om haar bankkaart en -kode te oorhandig en hy is glo daar weg om te gaan geld trek.”

Die man het vermoedelik ook gaan drank koop voordat hy teruggekeer het. “Die verdagte het die slagoffer verder gedreig en in haar huis verkrag. Terwyl hy haar verkrag het, het hy aan die slaap geraak. Die slagoffer kon die huis sluit en die saak by die polisie aanmeld,” het Zwane bygevoeg.

Die verdagte het nog steeds lê en slaap toe die polisie by die toneel opgedaag het. “Hy is in hegtenis geneem en sal Woensdag in die Umzinto-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting en roof.”

Bron: News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Swanna ·

Eish. Wat ‘n geleentheid om van die “goed” ontslae te raak wat hom so baie pla.

ladybug ·

Sou hom met ‘n mes dood gesteek het, terwyl hy so lekker lê en snork!

Katelyn ·

Dis net snaaks dat sy nie plan gemaak het om die “steel” van die bankkaart by die polisie aan te meld of die deure te sluit nie. Is dit dalk iemand wat sy ken……

Janine du Plessis ·

Lees ek reg? Terwyl die huurder met haar kaart en pinnommer weg is om haar geld te steel, bly sy doodluiters tuis en wend geen poging aan om hulp te soek of die polisie te ontbied nie?! Moet hy haar nou eers verkrag voordat sy alarm maak???

scalla ·

Die wiel het in die ry pap geraak, die doppie het hom geklink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.