Verkragter roep medepligtiges met ʼn fluit

Argieffoto

Argieffoto

Twee verkragters van Bronville in die Vrystaat is tot tronkstraf gevonnis nadat hulle ʼn vrou in 2013 verkrag het.

Kamohelo Sehlabaka (25) sal die res van sy lewe agter tralies spandeer. Hy het op die dag van die voorval ʼn harde fluit gegee sodat sy twee medepligtiges by hom moet aansluit toe hy toegang tot sy slagoffer se huis bekom het.

“Die 48-jarige vrou het getuig Sehlabaka het op 14 September 2013 omstreeks 04:00 aan haar deur geklop op soek na sy meisie, die vrou se dogter,” het ao Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy het vir hom gesê haar dogter is nie tuis nie, maar hy het gesê hy is op soek na sy musiek-CD.” Die vrou het die deur oopgemaak om hom toe te laat om na die CD te soek. Hy het dit gevind en dit in die CD-speler geplaas om te bevestig dit is wel sy CD.

“Daarna het hy gefluit en twee mans het die huis betree,” het Khosana verduidelik. “Hulle het die deur toegemaak en al drie mans het die vrou verkrag.” Hulle het ook van haar kruideniersware gesteel soos 2 liter kookolie, 5 kg rys, ʼn selfoon, ʼn tas vol klere en ʼn kombers, alles ter waarde van ongeveer R2 000.

“Konst. Sidwell Lottering was egter gou op hul spoor en twee van die mans is die volgende dag omstreeks 07:00 in hegtenis geneem.” Sehlabaka is by sy huis in hegtenis geneem en die polisie het die rys, kookolie en selfoon in sy besit gevind.

“Peter Nkomo is ook op dieselfde dag by sy huis aangetref. Die derde verdagte is nog nie aangekeer nie en die man is nog op vrye voet, aangesien sy twee medepligtiges nie sy identiteit wil bekend maak of wil sê waar hy hom bevind nie,” het Khosana bygevoeg.

Speurder ao Thabiso Twala van Thabong het die dossier met goeie bewyse voor die hof gebring.

Landdros C Nenkosi het Sehlabaka tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting en vyf jaar vir die diefstal. Peter Nkomo (21) is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting en twee jaar vir diefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lorayne ·

Vir Konstabel Sidwell Lottering en Speurder AO Thabiso Twala SALUUT!!!!!! Sonder julle puik werk sou Landros C Nenkosi nie ‘n voorbeeld kon maak van hierdie kriminele nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.