‘Verkragter’ se tong gebyt: Man in hof

Die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein. Foto: Google Maps

ʼn 32-jarige man van Bronville in Welkom in die Vrystaat het Vrydagoggend vlugtig in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklag van poging tot verkragting.

Maroela Media het vroeër berig ʼn 24-jarige studentedokter van die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein is Dinsdagaand omstreeks 23:50 aangeval en ʼn man, wat homself as ʼn pasiënt voorgedoen het, wou haar verkrag. Sy het in ʼn daaropvolgende struweling die vermeende aanvaller (32) se tong gebyt. Die vermeende aanvaller het op die vlug geslaan en is later by die Nasionale Distrikshospitaal opgespoor, waar hy mediese behandeling gaan soek het.

Brig. Sam Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die 32-jarige Vice Olivier het vlugtig in die hof verskyn. “Die saak is uitgestel tot verdere ondersoek. Hy sal op 14 Junie weer in die hof verskyn,” het Makhele gesê.

Olivier bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Andreas ·

Kom ons knyp ‘n tydjie af en lees die opskrifte van die artikels vandag op die voorblad van dagblaaie, hul webwerwe, skryf dit neer, lees ook hier op Maroela en dan besin ons of ons in ‘n normale land leef.

Christien vd Westhuizen ·

Dit moes verskriklik vreesaanjaend gewees het hoe sy haar moes verdedig het sy was seker bitter naar kort asem en erge hartkloppings gehad gestrompel en geval om hulp te kry en seker daarna haar bewussyn verloor het sterkte

Es ·

Verkragters, Moordenaars en ander misdadiger se fotos moet groot, duidelik en gereelde beskikbaar wees, sodat hul nie uit die tronk wil kom op parool nie. Hul moet weet en voel wat dit is om vir jou lewe te vrees.

Boerin ·

Andreas ek stem saam…ek le wakker in die nag! Elke dag net erger as die vorige een! n absolute Riller !!!

Gogga ·

Dis wat ek elke dag sê: dit voel asof mens in ‘n riller leef- jy weet NOOT wat, wannee gebeur nie! ELKE dag aanvalle, roof, moord, diefstal- die duiwel loop Los hande rond! Hoe maak jy klein kinders veilig groot in sò land en hoe leef ouer mense elke dag sonder om bevrees te wees??

Henk du Toit ·

Medalje vir die dokter. Ek sal my voortande verwed dat die vermeende verkragter uit is op parool vir ‘n ander geweldsmisdryf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.