‘Verkragter’-stiefpa: Hof wil man se geestestoestand bepaal

Foto: Rusa.

WAARSKUWING: Die besonderhede in die berig is grafies van aard en nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie.

Honderde gemeenskapslede het Donderdag buite die Verulam-familiehof in KwaZulu-Natal geëis dat die 43-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy glo vir meer as vyf jaar sy minderjarige stiefdogter seksueel misbruik het, aan hulle “oorhandig” word.

Die man is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy glo uit ʼn hospitaal ontsnap het waar hy onder polisiebewaking aangehou is. Hy is in die hospitaal opgeneem nadat woedende lede van die gemeenskap hom aangekeer en erg aangerand het – dieselfde gemeenskapslede wat die man Donderdag weer buite die hof gedreig het.

Die man, wie se naam weerhou word om die identiteit van die 10-jarige slagoffer te beskerm, het Donderdag sy eerste verskyning voor landdros Irfaan Khalil gemaak. Khalil het toestemming gegee dat televisiekameras die verrigtinge kan verfilm en later opdrag gegee dat die 43-jarige man se geestestoestand bepaal word.

African News Agency berig die man het duidelike wonde aan sy lyf gehad en beweer dat die wonde deur lede van die gemeenskapspolisiëringsgroep Reaction Unit South Africa (Rusa) toegedien is nadat lede van dié groep hom vir ʼn tweede keer in hegtenis geneem het. Die man het glo wonde aan sy ken en onder sy oë gehad. Sy lippe was geswel en hy beweer hy het ʼn gekraakte rib.

Rusa het die man Maandag vir die eerste keer in hegtenis geneem nadat bure glo ʼn gebruikte kondoom in sy huis aangetref het. Die bure het na bewering die man se stiefdogter ondervra en sy het glo erken dat die man haar seksueel misbruik sedert haar ma vyf jaar gelede dood is.

Verskeie seksspeelgoed, onderklere en pornografiese video’s is in die huis aangetref. Die kind het glo erken dat haar stiefpa haar gedwing het om die items te gebruik terwyl hy foto’s en video’s van haar geneem het. Vensters in die huis is ook glo met koerantpapier toegemaak en die 10-jarige het byna geen kontak met die buitewêreld gehad nie.

Rusa het dié week die verdagte se bewerings ontken en gesê boos lede van die gemeenskap is verantwoordelik vir die wonde aan sy liggaam.

Die 43-jarige bly in polisieaanhouding. Die 10-jarige is intussen ook na ʼn plek van veiligheid geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sarie ·

Arme mens die verkragter – hy het meer regte tot beskerming as die arme kind. Hy is 43 en hy het regte. Om te dink dat my swaar verdiende belasting geld onder andere gaan om sulke mense te beskerm, laat my bloed kook.
Die arme kind is vir ALTYD geskend. Gaan sy ooit 43 sien, sal sy ooit ‘n normale lewe hê, gaan sy ooit kinders kan kry? Wens ek kon sê dat my belasting geld NET vir die onskuldige kinders aangewend word.

Leo ·

En so gaan hy wegkom en daardie arme kind moet met die letsels vir die res van haar lewe saamleef. Hy het presies geweet wat hy doen, hoekom dan bang wees mense gaan hom uitvang en haar opgesluit hou. Dit sê vir my daar is net mooi niks fout met sy verstand nie.

Nettie ·

Die enigste “evaluering” wat hierdie ‘man’ behoort te ondergaan, is om vas te stel of hy deur sy ore kan water laat. En as dit vasgestel is, moet sy dinges afgekap word, want dit pla hom duidelik.

Michael ·

Hulle moet hom net op eie verantwoordlikheid vry laat die gemeenskap sal hom baie gou uitsort. kyk hoe het hy by die hof aan gekom. Hy mekeer niks nie. Die arme kind is 10 jaar oud en lol al vandat sy 5 is hoe siek kan n mens wees en hy het regte Mense die ANC het bloed op hulle hande kan hulle dan nie sien dat hulle beleid nie werk nie ??????

Loe ·

Dit is verskriklik hartseer wat met hierdie dogtertjie gebeur het. Maar ek kan nie help om te wonder het die bure en gemeenskap nooit iets raak gesien nie. Die gemeenskap en bure het haar gefaal vir 5 jaar en dit spreek boekdele.

My wens ·

My wens is dat die gemeenskap nie ‘n bietjie meer tyd gehad het nie!!!! Gemeenskap nou is jul kans, staan op vir hierdie dogtertjie, hierdie man wil geestesvertsteurd speel, hy kon mooi beplan en uithuur en al die goed maak, sekere geestes versteurdes het dalk hoër drange, maar hul bedryf nie ‘n hele seksbesigheid met ‘n 5 jarige vir nog 5 jaar al tot sy 10 is, selfs op 10 maak dit nie sin, sy is sy gerieflike “Gans wat die Goue Eiers lê” Dit is om van te huil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.