Verkragter swaar gestraf

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn Man van Noordwes is swaar gevonnis op talle aanklagte van verkragting, roof en ontvoering.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê Joseph Ngobeni (44) is skuldig bevind aan 29 aanklagte van verkragting, 29 van roof en een aanklag van ontvoering.

Ngobeni is tot lewenslange tronkstraf plus ‘n bykomende 287 jaar tronkstraf gevonnis.

“Die vonnis is opgelê vir ‘n skrikbewind wat Ngobeni tussen 13 Mei 2007 en 23 Junie 2012 gevoer het. Hy het altyd ʼn mes of vuurwapen gebruik om sy slagoffers te dreig,” het Mokgwabone gesê.

“Hy het gewoonlik vroue wat in die Rustenburg- en Madibeng-omgewings geryloop het ‘n saamrygeleentheid gebied, waarna hy met hulle na ʼn oop veld toe gery en hulle dan beroof en verkrag het,” het Mokgwabone gesê.

Hy is in 2013 in Thabazimbi vasgetrek. Hy is tydens vonnisoplegging onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit ingevolge die Wet op Vuurwapens.

Lt.genl. Baile Motswenyane, Noordwes se provinsiale polisiekommissaris, het die ondersoekspan bedank en gesê die polisie sal hard werk om te verseker dat ernstige oortreders soos Ngobeni in die tronk wegkwyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

So dankbaar ·

So dankbaar vir elke Polisie lid, Staatsaanklaer, alle hof orde & boweal die regter, dit is die gepaste straf, ek hoop werklik die ander manne voer ‘n skrikbewind met hom in die tronk, daar is nie plek vir so gevoellose gemors nie. In Botswana sou hy doodstraf gekry het en nie ekstra geld vir die staat, belastingbetaler gekos het nie. Hy het 29 vrouens hul reg op veiligheid en om nie verkrag te word nie ontneem, dit is maar die wat aangemeld is.

Charmaine Coetzee ·

Sulke vonnisse moet ook vir plaas moordenaars opgele word dis so goed dat hulle for life uit die samelewing gehou

Buitestander ·

Is daar regtig ‘n gepaste straf in ons mooi land vir die misdagigers????

WitBlits ·

Aangesien die doodstraf nie meer gegee mag word nie moet ons agbare regering dalk “kastrasie” as gepaste straf vir verkragters oorweeg, maar dit sal seker die getal toekomstige kiesers nadelig affekteer en nie deur die huidige regering oorweeg word nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.