Verkragter vas ná hy aan die slaap raak

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 27-jarige man van Makhado in Limpopo is Saterdag in hegtenis geneem vir die verkragting van ʼn 25-jarige vrou toe hy ná die verkragtingsmisdaad aan die slaap geraak het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het glo Saterdag in die vroeë oggendure die vrou se huisdeur afgebreek, haar gedreig en toe verkrag.

Die man het kort hierna aan die slaap geraak waarna die vrou kon ontsnap en die polisie ontbied.

Ngoepe sê die man was steeds aan die slaap toe die polisie by die huis aangekom het.

Die man verskyn Maandag voor die Waterval-landdroshof op ʼn aanklag van inbraak en verkragting.

Intussen is die polisie van Limpopo ook op soek na drie verdagtes wat Vrymiddagmiddag ʼn sakeman in Thohoyandou doodgeskiet het.

Mense met inligting word versoek om die polisiestasie te bel by 082 565 8149 of die misdaadlyn by 0860 010 111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Scalla ·

Hy was seker gesuip, moes hom wakker gemaak het met n sambok dat hy ook pyn kan voel

SARIE VAN HEERDEN ·

die polisie vra die publiek se hulp om die verkragter te help opspoor. Waarna soek ons. Mens moet ‘n beskrywing he vir dit waarna jy soek.

Dewald ·

Die verkragter is gevang. Dit staan so in die berig. Die publiek se hulp word gevra vir die sakeman se moord

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.