‘Verkragter’ wat meisie glo met middel inspuit bly in tronk

Argieffoto

Argieffoto

Die 22-jarige man wat in hegtenis geneem is nadat hy glo ʼn 12-jarige meisie verkrag en daarna middels toegedien het, glo sodat sy nie swanger moet raak nie, het Maandag in die hof verskyn.

Volgens maj. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder van Noordwes, het die man, wat op ʼn plaas in die Lichtenburg-omgewing werk, in die dorp se landdroshof verskyn op aanklag van verkragting van ʼn minderjarige.

“Die saak is tot 24 Augustus uitgestel wanneer die verdagte na verwagting om borgtog gaan aansoek doen. Hy bly in aanhouding tot dan,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig die meisie is Donderdag verkrag en met ʼn middel ingespuit. “Hy het haar daarna ook pille laat drink wat vir beeste bedoel is om te verhoed dat hulle dragtig raak,” het Makau toe gesê.

Die meisie het die voorval aangemeld en die verdagte is opgespoor en in hegtenis geneem. Sy is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Christine

So is daar nou niks meer nuuts onder die son! Of is daar?

George

Ek dink dit sal gepas wees om die jong man ‘n inspuiting en pille gee om te drink wat hom sal laat dood gaan. Dan is ons van die opdrifsel ontslae.