Verkragter weer burgemeester van Kannaland

Jeffrey Donson (Foto: Facebook)

Jeffrey Donson, ʼn veroordeelde kinderverkragter, is weer tot burgemeester van Kannaland in die Wes-Kaap verkies.

Dit nadat Donson se party, die Independent Civic Organisation of South Africa (Icosa), Vrydag in ʼn koalisie met die Kannaland Independent Party (KIP) ʼn mosie van wantroue in die huidige burgemeester in ʼn raadsvergadering ter tafel gelê het. Dié mosie is aanvaar en ʼn nuwe raad is aangewys.

Werner Meshoa van Icosa is tydens die raadsvergadering weer as onderburgemeester aangewys. Meshoa is self vroeër aan bedrog skuldig bevind. Hy is ook as onderwyser afgedank nadat hy skuldig bevind is aan seksuele wangedrag.

Pieter George Rooi van KIP is as die nuwe speaker aangewys nadat dié party Rodge Albertus se lidmaatskap vroeër vandeesweek opgeskort het.

Donson, wat in 2004 skuldig bevind is aan die verkragting van ’n 15-jarige meisie, se jongste verkiesing tot burgemeester volg minder as ’n jaar nadat hy uit dié einste amp verwyder is.

Eleanor Bouw-Spies, die DA-kiesafdelingshoof in Kannaland, sê nou sy het min hoop vir Kannaland.

“Met Icosa se geskiedenis van wanbestuur en korrupsie van die Kannaland- munisipale geldkoffers, is daar nie veel hoop dat die sake van hierdie munisipaliteit enigsins beter hanteer sal word as deur dié wat hulle vandag uit die kussings gelig het nie.”

Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid by Action Society, het op sy beurt gesê dit is onaanvaarbaar en die drukgroep sal aksie neem om Donson en Meshoa uit hul magsposisies te verwyder.

“Dit is ’n skande dat enigiemand vir ’n kinderverkragter kan stem om burgemeester te wees.

“Donson moes nooit vir die pos van burgemeester oorweeg gewees het nie. Action Society voel sterk daaroor dat geen staatsamptenaar met ’n skuldigbevinding aan kinderverkragting, of enige kriminele rekord, in ’n openbare amp moet dien nie. Die regering kan nie sê hy beveg geslagsgebaseerde geweld en moord op vroue in Suid-Afrika terwyl hy verkragters in diens neem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Peter ·

Tipies, kriminele en misdadigers kry voorkeur in hierdie sirkus van ‘n sogenaamde rainbow nation. Die Here slaap nie, your day will come.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die twee manne moet net wegbly van kinders.

WILLEM ·

Dis blykbaar ‘n kwalifikasie om beskuldig te word van ‘n ernstige vergryp om weer’n aanstelling te kry, met goeie betaling.?????

MakersMark ·

Waarom sal dit hul stop ? Dis deel van die waarde sisteem.

Leon ·

SA se Politiek is baie meer Toxis en siek as wat die mense beryd is om te erken ??????????

Marina ·

As hierdie die twee “beste” kandidate was, sidder ek om te dink wie afgekeur is?

M ·

Die hele situasie is niks anders nie, as SIEK !!! Geen wonder dat ons land só siek is nie …. Hartverskeurend …..

Pim ·

So met ander woorde die meeste van die mense in Kannaland dink wat hy gedoen het is reg. Hulle het mos vir sy party gestem so dis nou wat hulle kry! Siek wêreld

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.