‘Verkragters’ in kamer toegesluit

verkrag 4

Argieffoto

Twee mans is in Diepsloot in die noorde van Johannesburg in hegtenis geneem op aanklag van verkragting.

“Die twee mans het twee vroue vroeg Saterdagoggend met ʼn speelgoedgeweer gedreig en hulle in ʼn veld in gedwing waar die vroue verkrag is,” het ao Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Die persone het glo later ooreengekom om die res van die aand in een van die slagoffers se kamer te gaan deurbring.”

By die huis aangekom het die verdagtes besef daar verder die aand niks seksueel plaasvind nie, weens die slagoffer se kinders wat in dieselfde kamer bly.

“Die vroue kon die oggend die sleutel van die deur uit een van die mans se sakke vis en het die mans in die kamer toegesluit,” het Mavimbela verduidelik. “Hulle het die polisie ontbied en die mans was nog steeds in die kamer vasgekeer toe die beamptes by die toneel opgedaag het. Hulle het die speelgoedgeweertjie by die mans gevind.”

Die mans sal binnekort in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.