Verkragters sterf ná gemeenskap reg in eie hande neem  

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Brits ondersoek tans twee sake van moord ná die dood van twee verdagtes wat na bewering ʼn 26-jarige vrou in Elandsrand verkrag het.

Die vrou was glo besig om te ryloop van Brits na Pretoria toe die twee verdagtes gestop het om haar op te laai. Die verdagtes het glo op pad geld van die vrou geëis, maar sy het niks by haar gehad nie. Hulle het toe na die naaste veld gery en haar verkrag.

Die vrou het na haar huis in die Oukasie-dorpsgebied gevlug waar sy lede van gemeenskap van die voorval vertel het. Ná ʼn soektog het die gemeenskap glo die verdagtes, wat van dieselfde gemeenskap is, opgespoor en aangerand.

Een van die verdagtes is as gevolg van sy beserings op die toneel dood. Die ander verdagte het dit reggekry om te vlug, waarna hy na bewering in ʼn sloot gespring het. Hy is Vrydag deur ʼn verbyganger dood aangetref.

Niemand is nog in verband met die saak in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

alet ·

Dit wil gedoen word want die polisie sou die verdagtes nooit gekry het nie .Hou so aan een vd dae is al die verkragters en moorde naars uit geroei 10 uit 10 vir die wat dit gedoen het.Want n mens kry die ewige haat en pes in die goed

EMK ·

Die verkragter het reg in SY eie hande geneem toe hy die vieslike daad gepleeg het so…dan sien ek nie fout met die gemeenskap se manier van dinge uit sorteer nie. Hoevele kere het verkragters nie losgekom/uit die tronk gekom en weer en weer en weer dit gedoen nie?

janri ·

Wie gee om wie hulle dood gemaak het. Dis reg , hulle verwoes n ander persoon se lewe. Daai mense wat hulle dood gemaak het moet n prys kry!!!

MartinLJ ·

Geregtigheid het geseevier. Die polisie sê altyd hulle het die publiek se hulp nodig. So daar is dit.
Kits oplossing, saak gesluit, volgende saak!

william ·

Hierdie soort boendoe hof sal nie plaasvind as die polisie hulle werk doen nie. Baie polisie lede is ook diewe , verkragters en moreel korrupte wesens.H ulle het geen benul wat polisiering is nie. Elke jan rap en sy maat is skielik generaals.Wat n klug

veronica ·

Dis reg! Nog net so paar en die gemors sal ophou! ‘n Oog vir ‘n oog!! Mooi so!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.