‘Verkragting’ by Bloem-skool: Seuns nou in ouers se sorg

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die drie hoërskoolseuns van Bloemfontein wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn 14-jarige meisie verkrag het terwyl hulle ʼn video van die voorval gemaak het, is in die sorg van hul ouers vrygelaat.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat, het aan Maroela Media gesê die drie seuns, onderskeidelik 15, 16 en 17 jaar oud, het verlede week weer in die Mangaung One-Stop Child Justice Centre verskyn. Hulle is toe in die sorg van hul ouers vrygelaat.

“Dit beteken dat die seuns toestemming van hul ouers moet hê voordat hulle iewers heen kan gaan en die ouers moet te alle tye bewus wees van hul kind se bewegings en waar die kind is,” het Shuping gesê.

Maroela Media het vroeër berig die seuns moes ʼn tyd lank in polisieaanhouding bly nadat hulle dreigemente ontvang het. Shuping het gesê die owerhede het egter nou besluit dat dit veilig is om die seuns in hul ouers se sorg vry te laat. Hy het gesê daar is ook niks wat die seuns verhoed om skool by te woon nie.

Die drie seuns, almal leerders van die Hoër Tegniese Skool (HTS) Louis Botha in Bloemfontein, staan tereg op ʼn aanklag van verkragting in verband met ʼn voorval wat op 7 Junie op die skoolterrein gebeur het.

ʼn Groep meisies wat die dag ekstra klasse by die skool bygewoon het, het alkohol gekoop en dit op die skoolterrein gedrink. Die slagoffer het weens die alkoholinname haar bewussyn verloor en haar vriendinne het haar daar op die skoolterrein agtergelaat. Die seuns het vermoedelik op haar afgekom waarna hulle haar na bewering met hul vingers verkrag het.

Een van die seuns het na bewering ʼn video van die voorval gemaak en dit op sosiale media versprei. ʼn Polisiewoordvoerder het vroeër gesê die meisie was aanvanklik nie bewus van die voorval nie omdat sy bewusteloos was. Sy het egter later die video op sosiale media gesien en dit op 13 Junie by die polisie aangemeld.

Die seuns sal op 27 Julie weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Leeutjie ·

Help my met hierdie een!!! In hulle ouers se sorg vrygelaat? Moes hulle nie liewer na ‘n verbeteringskool gestuur word nie? Kom hierdie gedrag nie uit hul huise uit nie?? Hierdie kinders het sielkundige hulp nodig….

Pippa ·

Hoe op dees aarde drink die meisies alkohol op die skoolterrein en hul word nie uitgevang???? Dit mag nou klink asof ek onsensitief is maaaaar behoort daar nie volwassenes erens op die skoolterrein te wees om juis sulke insidente in die kiem te smoor nie?

Jeannette ·

@Pippa, ek dink dié meisies het die drank gekoop en op die skoolterrein gedrink na skooltyd. Dit maak die domheid en verkeerdheid daarvan nie minder nie, maar ek dink nie die skool kan altyd verantwoordelik gehou word vir wat leerders aanvang nie. Erger goed gaan aan IN skooltyd, soos by een van ons plaaslike LAERskole waar die opsigter wag tot die meisies in die badkamer is, dan gaan hy in en wil “oulik” maak met hulle. Dit het so erg gegaan op ‘n stadium, dat die kinders mekaar in groepies van drie tot vier vergesel het om badkamer toe te gaan. EN die skoolhoof het daarvan geweet, maar niks gedoen klaarblyklik nie, want die opsigte is sy neef.

Tammy ·

Ons jeug is van n ander kwaliteit. Hulle word volwasse gebore!!! Hulle vertel die ouers nie die ouers die kinders nie… belaglik, dit is mos wat die nuwe regering hulle voorgese het… As die jeug gestraf word hardloop hulle polisie toe en die ouers kry die pakslae. Ag nee, moenie bekommer nie, daar is geen salf te smeer aan ons deursnee jeug nie. Ja en dis soos die vorige kommentaar se : al hierdie gemors van verkragting ensovoorts kom uit die ouerhuis. Pa slaap saam met die buurvroue en ma saam met ander ooms. Ons hele mensdom het verval. Ek vra verskoning vir die paar uitsonderings van jongmense wat nog ruggraat en respek het vir ander, julle is beslis baie min, maar doen so voort as jy nog van die kwaliteit jeug is en eerlik in jou hart is daaroor, nie n voorgee ordentlik nie asseblief, hulle tel nie onder die kwaliteit jeug nie.

Vryheid ·

Dié is n siek spul, dronk meisie by skool en seuns wat dink dit is aanvaarbaar om so n meisie te misbruik . Swak opvoeding !

Sann ·

Ek verwag seker te veel, dat die skool hulle ten sterkste sou uitspreek oor die meisies se DRANKMISBRUIK! Maak dit nie meer saak nie?! En ja, om in die sorg van jou ouers vrygelaat te word, wat moet toestemming gee vir jou bewegings, en deeglik bewus is van waar jy jou werklik bevind, was deel van ons ou fossiele se doodgewone opvoeding.

Ann ·

Dit is verskriklik ontstellende Berig en ek hoop daar word hull vir beide die dogters en Seuns gekry. Wat my egter die meeste ontstel is dat die trant van die berig neerkom op , sy is net met die vingers verkrag. Verkragting bly verkragting !

Tinka ·

Miskien moet daar ingegryp word by die skool. Die skoolhoof het geen beheer oor sy skool as dinge so gaan nie. Die walglike kinders wat so iets doen. Skaam julle en die ouers ook.

CHRISTA ·

As ouer sal die die skool dagvaar!! Waarom is daar geen onderwyser wat toesig hou by naskoolse aktiwiteite nie?

Maureen ·

Meestal vind ekatraklasse saans na die sport plaas. Kan daar van onderwysers verwag word om heeldag en nag aan diens te wees? Waar was hierdie kind se ouers wat haar moes kom haal? Dis dalk hoekom sy die kans gebruik het om alkohol te gebruik, want sy het geweet haar ouers is afwesig?

Pastoor ·

Skokkend. Op skoolgrond. Walglik. Hulle sal voor die Vader rekenskap gee

PJ ·

“Niks verhoed hulle om skool by te woon nie”…nie eers verkragting nie…wow….

Jeannette ·

Nie eens SWANGERSKAP en MOEDERSKAP op die ouderdom van 13 verhoed hulle om skool by te woon deesdae nie. Of dit nou goed of sleg is, weet ek nie. Aan die een kant kry die leerder haar volledige opleiding, aan die anderkant is daar ‘n baba wat in ‘n ouma of tannie se sorg gelaat word. Feit bly staan: kinders is nie meer KINDERS soos toe ons kinders was, wat gespeel het en nooit eens aan seks gedink het tot ‘n veel later ouderdom nie. Morele verval: die ouers drink, gebruik dwelms en talle gesinne bly in hordes bymekaar en oormekaar. Kinders leer dat hulle ‘regte’ het – die reg om hul ouers te verkla as daar ‘n hand gelig word vir hulle. Volgens my het ‘n kind net die volgende regte: om veilig, warm, gesonder, gevoed en gedissiplineer groot te word – die enigste ander reg …. is om gefoeter te word as jy nie wil luister nie.

Anoniem ·

Aan die seuns en die meisies julle behoort jul te skaam, daar is geen verskoning vir enige van julle nie. Dis vieslik om die minste daarvan te se.!!!!!!!!!!

Andre Traut ·

Hierdie hele insident is aan albei kante so so so so verkeerd. Die seuns en die meisie is almal verkeerd in hul optredes

karen ·

en die meisie watter beskerming kry sy ? Het sy berading gekry ? Skande ! van die begin het die “beheerraad” van skool nie belang gestel om betrokke te raak.
Hoekom moet hulle die reg he om terug te gaan skool toe? – hulle is mos nou die “manne” wat vat en doen wat soos hulle wil he.
Voel bitter jammer vir die ouers – kon hulle nie beheer en sal nou nog minder kan. Die Vader behoed en bewaar elke kind seun of meisie in die spul se omgewing. Ek stem saam hulle almal moes na verbetering skool gestuur wees want sonder twyfel is hulle n gevaar vir samelewing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.