Verkragting by universiteit: Saak uitgestel

Betogers se plakkaat buite die hof in Port Elizabeth waar die verdagte vroeër verskyn het (Foto: ANA)

ʼn 29-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy twee studente aan die Nelson Mandela-universiteit verkrag het, het Maandag in die hooggeregshof in Port Elizabeth verskyn.

Die man staan tereg op aanklag van verkragting, roof en huisbraak. Die saak is uitgestel vir ʼn voorverhoorkonferensie.

Maroela Media het verlede jaar in Oktober berig ʼn 25-jarige student en haar vriendin is gewelddadig aangeval in ʼn rekenaarsentrum by die Second Avenue-kampus. Die man het glo die studente verkrag, hulle selfone gesteel en een van hulle met ʼn skêr aangeval. Die twee studente is toe gedwing om ʼn rekenaar en rekenaarskerm na buite te dra en hulle moes die gesteelde items toe oorhandig voor hy oor ʼn hek gespring en gevlug het.

Dit het intussen aan die lig gekom dat die man reeds vantevore skuldig bevind is op aanklag van roof met verswarende omstandighede.

Die saak is uitgestel tot 22 Mei. Die man bly in aanhouding.

Lees alle berigte oor die Nelson Mandela-universiteit op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Beskrywing ·

‘Die man’, nogal ‘n vae beskrywing. Dit los darem iets vir die verbeelding oor die res.

GM ·

En wie moet ons bedank dat ons nêrens meer veilig is nie? Die kriminele het mos regte!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.