Verkragting kom aan lig toe gestremde swanger raak

hof-hamer

Argieffoto.

Die KwaDukuza-streekshof het ʼn man (40) Maandag tot 30 jaar tronkstraf gevonnis vir die herhaaldelike verkragting van sy verstandelik gestremde familielid.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê hy het haar verkrag in die tydperk toe sy by hom en sy vrou in Newark naby Mandeni in 2012 gebly het.

Die vrou (25) het dit nie aangemeld nie, en toe word sy swanger.

“Eers nadat familielede haar ondervra het oor die swangerskap, het sy hulle vertel,” het Mbhele gesê.

Die man is ook verbind met die slagoffer via DNS-toetse wat uitgevoer is.

Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdade (FCS) in KwaDukuza het die saak ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pieterlewismuts ·

Lafaard om n gestremde wat haarself dalk nie behoorlike kan verdedig nie , aan te rand

Theresa ·

Ekstra swaar straf omdat daar staat gemaak was op die mense om hierdie meisie te akkommodeer – nie te verniel nie.

Tammy ·

My verstand se vir my die mensdom dink verkragting is nie meer n skande nie en nog minder is dit n midaad!! Dit is nou aanvaarbaar in die Suid Afrika van vandag. Dit gebeur net by die dag meer en meer. Gebeur dit in ander sogenaamde beskaafde lande ook so baie? Ek sou graag wou weet as daar iemand is wat dalk n antwoord wil waag?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.