Verkragting kom aan lig toe meisie (11) begin kraam

Argieffoto

ʼn 45-jarige man is Maandag in die Empangeni-streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die herhaaldelike verkragting van sy 11-jarige dogter.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die slagoffer was op 24 Junie 2016 by die huis toe sy skielik maagkrampe begin kry het. “Sy het vir haar pa daarvan gesê en hy het haar na ʼn plaaslike kliniek geneem waar hulle agtergekom het die meisie is swanger,” het Gwala gesê.

Die slagoffer het vir die verpleegster vertel haar pa verkrag haar al sedert 2013 wanneer haar ma nie by is nie. “Sy het begin kraam, maar die baba is doodgebore. Die meisie het duidelik self ook nie geweet sy is swanger nie,” het Gwala verduidelik.

Die saak is daarna onder die Empangeni-polisie se aandag gebring en verwys na die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe vir nadere ondersoek. Die man is later in hegtenis geneem en hy het verskeie kere in die hof verskyn voor hy Maandag gevonnis is.

Genl.maj. Bheki Langa, provinsiale polisiekommissaris, het gesê hulle sal voortgaan om prioriteit te verleen aan misdade en geweld teen vroue en kinders asook dat seksuele oortreders tronk toe gestuur word “waar hulle hoort”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Bromponie ·

Arme dogter, op 11 al moet swanger word, nadat jy al deur 2 jaar se trauma gaan met die gemors van ‘n mens wat sy ‘n pa moet noem. Maak my skoon siek. Hoop hul sal haar behoorlike berading kan gee om haar hierdeur te help.

Lola ·

2013 2014 2015 2016 2017 gee my meer as 2 jaar. So hoe is hy gevonnis MM?

Johan ·

Doodstraf!!
Hy moenie nog 20 jaar op ons belastinggeld in n tronk teer nie.
Jammer daar is nie dwangarbeider strafkampe nie.
Hang hom!

Francie ·

Ek het nooit gedink ek sal op die punt kom waar ek met jou kan saamstem nie, maar ek is bevrees dat ek met jou saamstem. Soos dit nou in ons land gaan, is selfs tronkstraf nie voldoende afskrikmiddel nie.

regtig! ·

Sowaar spring daar ‘n hele woordeboek vol vloek woorde in my kop vir die gemors wat veronderstel was om ‘n ouer te wees. Arme meisietjie.

Connie ·

Kan regtig nie glo dat n pa sooooo siek kan sees nie.Waar is die ma?
Rubbish!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Celia ·

Waars die ma? Ag nee man!!
Jy besef natuurlik nie met hoeveel geweld so n daad plaas vind nie, ook nie met al die dreigemente van die pa se kant af om sy siek geheim geheim te hou nie. Manupilering. Gaan doen bietjie gemeenskapdiens voor jy weer n ma net aanval in sulke omstandighede. Die pa is die vark. Nie die ma nie ook nie die kind nie. Sy is net 11 jaar oud.

se iets ·

Dit is regtig jammer van die kind om dit te hoor. Net n vraag hoekom vertel die dogters nooit vir die ma of gaan self na die polisie toe nie, maar sodra daar “moeilikheid”kom dan word daar eers gepraat daaroor?

Snoepie ·

Regtig “so iets”!
duidelik was jy nog nooit in so n situasie nie. Die kinders word met die dood gedreig. Daar word vertel dat niemand hulle sal glo ni en dan sal die welsyn hulle kom haal omdat hulle jok. Hulle glo dat hulle mamma kwaat sal wees vir hulle; want hulle het mos gesoek daar voor. En as mamma moet uitvind gaan mamma en pappa skei. En dan gaan hulle dood gaan van die hongerte. So voor jy kometaar lewer; gesels eers met iemand wat weet wardeur sulke kinders gaan

Anoniem ·

se iets, jy sal nooit weet waardeer so ‘n kind gaan nie. Dis asof mens vries. Mens kan nie skree terwyl dit gebeur nie en kry skaam om vir jou ouers te sê wat met jou gebeur en as dit een van jou ouers self is, nog erger. Mens vertrou niemand en dink jyt iets verkeerd gedoen.

riets ·

want in somige gevalle glo di ma dit nie en di kind word so gedreig deur di pa dat sy weg gevat sal word ens
dis baie moeilik

Ai ·

Waar is meneer of askies tog mevrou “Sug” nou? Hoop jy lees hier. Soos ek se, statistieke.

Hoop die meisie kry al die hulp wat sy nodig het. Siek verdomde mansmens. Hoop hulle gooi die sleutel weg!!!!

Liz ·

My huishulp en haar niggie was altwee verkrag deur hulle neefie toe hulle 14/15 was en toe hulle hulle ouers daarvan vertel het, het die hele familie gemaak asof dit hulle skuld was…. so ek kan verstaan hoekom hierdie dogter nie haar ma vertel het nie. Sulke gevalle is altyd hartseer maar in somige gebiede van die samelewing verstaan hulle nie die erens van die saak nie. Alle sterkte aan die kind!

GES ·

Die enigste behoorlike straf vir so ʼn skuimbol is om aan sy nek te hang. Hy kan nie ʼn pa genoem word nie. As hy dit aan sy eie vlees en bloed kan doen wat van ander kinders ??

w ·

Ek het onder welsyn se aandag gebring van psigopaat wie omtrent negejarige dogtertjie boonop gestrem in sy geselskap het. Niemand het opgetree. Uiteindelik is ontdek kindji is verkrag en sy bang om te se watter gemors dit aan haar gedun het. Hyt reeds wee klein dogtertjie by hom. Vuilgoed

Hans ·

hoor ek reg, word hy ‘n man genoem? daai ding is nie ‘n man nie hy is niks, nada! Mag hy kry wat hom toekom!

Freddie ·

Ek was op ‘n stadium nou lus en vra addresse. Was dit nie vir landswette nie sou ek die hele lot uitroei.

Marisa ·

Nadat ek Annelie Botes se Thula Thula (2009), en Johan Botha se Agter Geslote Deure (2009) kan ek nie help om te wonder PRESIES HOEVEEL van hierdie arme kinders daar in werklikheid is nie. Die misdryf word sorgvuldig weggesteek deur beide slagoffer en aanrander klaarblyklik om verskillende redes. Maatskaplike werkers sit met hul hande in hul hare en voel skuldig omdat hulle nie die skrif op die voorkoppe van slagoffers kan lees nie, en as hulle dit wel kan lees, is dit baie moeilik om deur al die skanse te dring en die waarheid bloot te lê. My hart pyn vir hierdie kinders wat ‘n ‘normale’ lewe voorgee, en wat hierdie geheime hel moet deurmaak.

corrie steyn ·

Al wat gaan help is,as die doodstraf teruggebring word,dit kan net nie so aangaan nie .

M ·

Jy is verondersteld om haar op te pas en veilig te hou van die lelike dinge in die lewe dan doen jy die lelike dinge aand haar, watse tipe mens is jy….. Ek besef net elke dag meer en meer in watse siek wereld ons leef, sal dit ooit beter raak??

Het ·

Ek verstaan daai 11 jarige. Ek was so van doeketyd gemolesteer tot so 5 jaar oud. Ek was so skaam om te praat, was 3 toe ek begin woorde sê het van die trauma. En die ander ding, ek het met ‘n ma gesit met ‘n swak self beeld, As ek iets vir haar vertel word gesê ag ek jok, of vertel ek nou weer stories. Ek het niks geëet nie, want dit wat in my mondjie gebeur het , het my naar gehad, HEEL dag. Hou op om so sinneloos te oordeel. My ma sou of histeries geraak het of my blameer het. En op daai ouderdom het ek gedink dis beter om nie te praat nie.

teresa ·

Ai Het, ek is baie jammer dat dit met jou gebeur het. Ek hoop regtig die persoon/persone wat dit aan jou gedoen het, is aangekla? Tronk straf? Jy moenie dat hulle weg kom hiermee nie.

Trane trane ·

Ai Het, ek voel net trane trane, al ken ek jou nie. My dogtertjie was klein, al was dit deur ‘n jong kind, het ek dit agtergekom en dadelik opgetree, te veel, maar as ‘n Ma nie haar kind glo, dan is sy totaal nie die woord Ma werd nie. Kindertjies weet nie van sulke vieslike goed nie en kan dit wragtig nie opmaak nie, kry dit in julle kope, idiote, jy is ‘n idioot as jy dink dit gaan weggaan of dit raak nie regtig jou kindjie omdat die klein is nie. Ek voel om die persoon wat dit aan Het gedoen het te vermoor……

Theresa ·

Liewe hemel, Ai – dis vreeslik. Is daardie man aangegee – al is dit jare na al die gebeure? Ek hoop dat jy die trauma van jou klein kinderdae kon verwerk – dit moes hel gewees het. Jy sal die mens moet konfronteer daaroor noudat jy volwasse is. Hy mag nooit dink dat hy daarmee weggekom het nie. Baie baie sterkte.

m ·

Die arme kind. Die doodstraf sal so wonderlik werk vir sulke mense….

Rina Kotze ·

Bring terug die doodstraf!
Sommige mense is nie rehabiliteerbaar nie!

Watter mensereg het hy, deur dit aan sy eie kind te doen?

Dit is verby siek en walglik! Hy verdien nie om te lewe nie.

Waar is die Ma? Kon sy nie agterkom daar is fout nie???

Michelle ·

Ag nee LOLA !!!!!!!
Jy mis die pint.
Vergeet van jare tel – hy moes dit nie gedoen het in die 1ste plek nie.
Nie 1 dag of 1 week of 1 maand of 1 jaar nie.
NOOIT OOIT nie.
Dis verskriklik. Jou pa is suppose to be om jou te beskerm.

E.K. - ek sê net! ·

Gister op Classic Fm is daar ‘n praatjie oor kinders wat so misbruik word in ons land. UCT het ‘n studie gedoen en bevind 1 uit 3 kinders onder 18 word misbruik en 56% van kinders in Weskaap en Mpumalaga onder ouderdom van 8 is seksueel aangerand. Dis net aangemelde statistiek. Dis ongelooflik hoe dit in ons land gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.