Verkragting van kleuter van hofrol geskrap, DA woedend

Argieffoto.

Die DA het Dinsdag sy skok uitgespreek nadat die saak teen die vermeende verkragter van ʼn tweejarige dogtertjie in die Oos-Rand van die hofrol geskrap is weens ʼn tekort aan bewyse.

John Moodey, Gautengse leier van die DA, het in ʼn verklaring gesê die kleuter is verlede week in Reigerpark in Boksburg verkrag toe haar ma moes gaan werk en haar noodgedwonge in die sorg van ʼn man wat aan haar bekend is, gelaat het.

Die man (34) is kort daarna in verband met die verkragting van die kleuter in hegtenis geneem. Die plaaslike landdroshof het egter vandeesweek die saak van die hofrol geskrap en vir verdere ondersoek verwys. Dié besluit het die DA warm onder die kraag.

“Indien hy wel die kleuter verkrag het, moet hy onmiddellik uit die samelewing verwyder word, aangesien hy ’n bedreiging vir alle vroue en kinders is en die lewe van ’n babadogtertjie met soveel potensiaal vernietig het,” sê Moodey in die verklaring.

“Dit is onaanvaarbaar dat die geregtigheid vir ’n kind wat geskend is, uitgestel moet word weens die onbevoegdheid van die polisie. Die strafregstelsel is in ’n toestand van ineenstorting.”

Om sake te vererger sê Moodey dat ʼn telefoonoproep aan die Reigerpark-polisiestasie aan die lig gebring het dat daar sedert 2015 geen verkragtingstoetsstelle (rape kits) by dié polisiestasie is nie.

Moodey verwys in die verklaring na die misdaadstatistiek van 2018-’19 wat toon dat die pleeg van seksuele misdrywe in Suid-Afrika dié jaar met 4,6% toegeneem het, terwyl die subkategorie van seksuele aanranding met 9,6% toegeneem het.

Luidens die verklaring is 24 387 gevalle van seksuele misdrywe teen kinders in dié tyd aangemeld, wat 3,8% van aangemelde misdade teen minderjariges in dieselfde jaar uitmaak.

Die statistiek toon verder dat verkragting in Gauteng met 355 sake toegeneem het – van 8 062 na 8 417 gevalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ronel ·

Ek weet van n geval waar n kind.gemolsteer is en dit ook uitgegooi is agv onvoldoende bewyse. Hartseer van die saak is, dat die molesteerder dit op sy selfoon afgeneem het. Hyt videos daarvan gemaak, maar daars nie genoeg bewyse nie??

Morne ·

Ek se nie dis reg nie maar die Dros ou het lewings lank gekry. In die hof was die ANC,EFF ondersteuners elkedag daar (Is dit omdat hy wit is), Sy straf doen dit goed. Graag wil ek net weet waar is daai ANC,EFF supporters nou want ek glo enige persoon wat baba, kind of vrou aanrand of verkrag hoort nie op die aarde nie.

Bekommerd ·

Daar was laas week ‘n 6 jarige dogtertjie in Limpopo so wreed verkrag, dat sy later in die hospitaal oorlede is. Waar is dit genoem? Wat gebeur met daardie man? Selfde straf moet vir hom toegedien word.

Wonner ·

As dit ‘n blanke was het almal geskreeu hy moet tronk toe en betoog en nou!!!!!!

Melanie ·

ja Ruby daar was opgestaan vir die dogtertjie.. maar verstaan jy dan nie wat wonner prober se nie?? Nog n dogtertjie was verkrag en daar het absoluut niks van gebeur nie, hel ek het nie eers van haar geweet nie, en sy was maar 2!!! Dit is feit soos n brood, as jy wit is en jy jaag aan dan sal die eff, anc en wie nog daar staan en hul nasie aanspoor, maar as jy nou nie wit is nie en j jaag aan, soos in die geval, VERKRAGTING VAN N 2 JARIGE, dan word dit sommer uit die hof gegooi… wat van die kind? Ek sal moord pleeg as dit my kind was.. miskien word dit ook uit die hof gegooi… o nee wag… ek is wit.

Winnie ·

Ek wonder nou ook oor die ras van die verkragter gaan hy dieselfde behandeling kry as die Dros verkragter en ook dieselfde straf kry? Dis snaaks hoe vinnig bewyse gevind word in sekere strafsake en hoe vinnig dit afgehandel kan word. Waar is die Vroueliga en die rooi berette nou. Alle verkragters moet dieselde behandel word

Helen ·

Dis so vreemd dat mense wat al 20 jaar terug gemolesteer is of verkrag is deur hul afrigters of wie ookal, hof toe gaan, en dan word die man wat al halfpad dood is, in die tronk gegooi. Waar kry die hof dán bewyse? Kyk vir Bill Cosby, hy is horingoud, maar moet verantwoordelikheid neem vir goed wat jaaaaare terug gebeur het. Maar hierdie gedrog kom weg? Hoe bring mens dit bymekaar?

Nettie ·

@Helen, die “bottomline” (en verskil!) in verkragting/molestasie-gevalle in SA en ander lande, is die KWALITEIT van persoon (ondersoekende beamptes) in hul regsplegingsdepartemente. Blatant gesê.

CHAPPIES ·

NAV DIE DROS saak,die massa en die media-histere en swaar vonnis, WONDER mens werklikwaar, WAT NOU HIER aangaan..???

ES ·

En dan wil die polisie en die staat tekere gaan as die gemeenskap eie reg in hande neem….

Skokkend.

Antoinette ·

As ek in daardie gemeenskap was sou ek die voorbok in ‘n boendoehof gewees het. En ek hoop daar is…

JohanR ·

Wees bang kinders van Suid Afrika…..wees baie bang!!! En dan wonder die regering hoekom mense reg in eie hande neem?

Avokadoy ·

As die slagoffer van Randburg of Rondebosch af gekom het was dit ‘n ander storie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.