‘Verkragtings in en deur polisie neem kommerwekkend toe’

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Die Vryheidsfront Plus het Woensdag gesê die aantal klagtes van verkragtings wat deur polisielede gepleeg is, het volgens die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) in ses maande met 25% toegeneem en verkragtings van persone in aanhouding het met 160% toegeneem.

Volgens die VF Plus het Opod die statistiek bekend gemaak in ’n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie.

“Wat meer kommerwekkend is, is dat die aantal verkragtings deur polisielede wat aan diens was, met 56% toegeneem het. In die geval van mense wat in polisieaanhouding deur polisielede wat aan diens was verkrag is, was die toename 350%. Dit beteken dat hierdie verkragters dink hulle is verhewe bo die reg bloot omdat hulle polisielede is en misbruik hulle gesag wat aan hulle toegeken is op grond van hulle amp. Dit is dan ook te verstane dat die publiek vertroue in die polisie verloor en hulle wantrou,” het dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder van polisie, gesê.

In dieselfde ses maande tydperk (April – September 2014 teenoor dieselfde tydperk in 2013) is 127 klagtes ontvang vir sterftes in polisieaanhouding en 186 klagtes vir sterftes as gevolg van polisieoptrede, ’n totaal van 313 sterftes.

“Wat verder ontstel is dat van die 475 aanbevelings deur Opod van optrede teen polisielede, slegs 33 sake afgehandel is. Dit beteken dat die polisie slegs 6,9% sake afgehandel het en skep die indruk dat die polisiediens traag is om op te tree teen sy eie lede. Opod is die instelling waardeur die algemene publiek kan klagtes lê teen ongemagtigde optredes van polisielede, maar indien slegs 6,9% sake afgehandel is, beteken dit dat die publiek se klagtes geïgnoreer word en maak die publiek kwesbaar teen polisie-brutaliteit,” het Groenewald gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Francois ·

Skokkend…hulle moet hulle almal kastreer of blou fieterjoel injaag soos in die weermag!

Drieks ·

” ai tog ” laat ek jou hier antwoord.
Hoekom gebeur hierdie dinge in ons land??? de Klerk en die ANC is my antwoord.
Alles het van die begin af verkeerd gegaan en nou kry ons “verkragters, moordenaars ensv….

Theresa ·

Ek moet liewers nie hier kommentaar lewer oor die “untouchables” nie………………….

Jasper ·

Ons land kort ernstig n ” Make Over”. Ja en dit gaan bietjie seer wees.

Ghost ·

Dit gebeur daagliks en ek dink daardie persentasie kan baie hoër wees as almal vorendag kom wat deur die polisie geitemideer word. Baie is te bang om n klag teen die polisie te lê want hulle word met die dood gedreig. 80% van die Polsie dink hulle kan maak en doen net soos hulle wil en die wet oortree waar hulle wil want hulle is mos die wet. Daar is geen vertroue in die polisie nie.

yvonne ·

Korupsie, verkragting, moord, diefstal ens, moet eers onder die polisie ondersoek word, alvorens daar ondersoeke kan wees van die publiek. Die polisie kan nie die wet toepas as hulself korup is en skuldig is aan al hierdie dinge waarvoor hul die publiek voor die owerhede wil bring.

Elizabeth ·

Hierdie is nie net kommerwekkend nie maar SKRIKWEKKEND!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.