Verkragtings-, moordaanklag teruggetrek in Franziska-saak

Franziska en haar ouers.

Franziska en haar ouers.

Aanklagte van verkragting en moord is Woensdag in die Wynberg-landdroshof laat vaar teen drie van die vier beskuldigdes in die moordsaak van die 16-jarige Franziska Blöchliger.

Franziska se liggaam is in Maart in die Tokai-woud in Kaapstad gevind nadat sy gaan draf het en nie teruggekeer het nie. ʼn Nadoodse ondersoek het getoon Blöchliger is verkrag. Sand is in haar keel gevind en daar was wurgmerke aan haar nek. Sy het glo versmoor toe haar gesig in die grond gedruk is.

Tydens Woensdag se hofverskyning het die staatsaanklaer aanklagte van verkragting, moord en roof teen drie van die vier beskuldigdes teruggetrek. Hulle word egter nou van die besit van gesteelde goedere aangekla nadat Franziska se selfoon glo in hul besit gevind is.

Dié drie verdagtes is Jerome Moses, Jonathan Jonas en Daniel Easter. Hulle saak is onmiddellik na ʼn ander hof oorgeplaas waar hulle onskuldig gepleit het op die aanklag teen hulle. Hulle moet weer op 17 Februarie in die hof verskyn.

Die ander beskuldigde, Howard Olivier, word egter steeds van moord en verkragting aangekla. Hy het vroeër gesê hy sal skuld erken op ʼn aanklag van roof, maar skuld ontken op die ander twee aanklagte.

Die landdros het egter gesê die feit dat hy skuld wil erken op die aanklag van roof plaas hom op die toneel waar die moord en verkragting plaasgevind het. Olivier het om borgtog aansoek gedoen, maar dit is geweier. Die saak is tot 3 Februarie uitgestel wanneer die saak na die hooggeregshof oorgeplaas sal word.

Lees alle vorige berigte oor die Tokai-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Nuwe regsisteem benodig ·

Neewat die sagte regsisteem werk nie. Tyd vir nuwe benadering om reg te laat geskied.

Justice ·

Ek stem 100% saam met jou – dit is vandat kriminele op meer menseregte kan staatmaak as hul slagoffers. Gewonde werklose kriminele word gratis na privaat hospitale gevlieg en opgepas terwyl hul arm slagoffers in sub standaard staatshospitale moet veg vir hul lewens weens geen mediese fondse. Kriminele se gevoelens word in ag geneem wanneer die polisie hardhandig te werk gaan om inligting uit hulle te kry wat dan weer in die hof ontken word omdat hulle glo gemartel was om `n bekentenis te maak – ons is seker die enigste Afrika land met so `n regstelsel. Nou is nog net een oor van die Tokai bende – weereens voordeel van die twyfel wat hier regstegnies in hul guns toegepas is. Kan prokureurs en advokate nog onskuldige mense verdedig?

SNEL ·

Ek glo nie wat ek hier lees nie! Hoe moet haar arme ouers nie voel oor die uitslag nie. Dis skokkend!

Johan Likkewaan ·

Daar was DNA van die 4de beskuldige onder haar naels gevind, hy het gese sy het baklei toe hy haar ge roof het.

LS ·

Sterkte aan die familie, ek is so jammer julle moet deur al hierdie gemors ook nou gaan met die dat die regstelsel julle vaal. SKOKKEND !!!

Jean ·

Die regstelsel stel my teleur. Ek weet nie of hulle te bang is om die regte ding te doen en of hulle hard probeer om polities korrek te wees of erens punte te kry by iemand om hulle werk te behou of gewild te wees in regskringe nie. Ek is jammer, maar dit is die hoeveelste saak wat sloppy hanteer word, dan word die polisie altyd van swak speurwerk beskuldig, maar eerlik en dink ons regsisteem FAAL ons LIEDERLIK in hierdie land. Soos Dewani, die beskuldigde wat ouens gehuur het om sy vrou by die kleuterskool dood te skiet, die ander beskuldigde wat sy jong vroutjie laat doodmaak het. Ongelooflik hoeveel van hierdie mense stap ongeskonde anderkant uit. Ek let op dat dit veral misdade teen VROUE is wat lig/of geensins gestraf word nie. So much vir geweld teen vroue en kinders. Talk is CHEAP!!

Pete ·

Tyd om weer ‘n fiskaal in die Kaap aan te stel. Misdadigheid, wetteloosheid word bevorder deur korrupte regspleging. Selfs treine wat ten duurste gerestoureer word, word binne die eerste paar uur in diens gevandaliseer. Kunsleersitplekke word met messe aan flarde gesny. In so ‘n klimaat is lewens ook niks werd nie. Neem Gallows Hill in Groenpunt weer in gebruik as galgheuwel, laat booswigte in die openbaar gegésel word op die Parade en verban die ergstes eiland toe. Kortom, herstel respek vir gesag!

Johan Likkewaan ·

As ‘n pa, as so iets moet gebeur sal ek hulle vermoor, sonder twyfel. Al sit ek in die tronk daarna sal ek weet haar siel sal dan kan rus. As my enigste kind wat ek het so van die wereld af geneem word sal dit my enigste rede wees om nog te lewe, net om wraak te neem, daarna is daar niks.

Bronwyn ·

Hulle se hy sal skuldig pleit vir roof en dat dit hom dan plaas by die moord en verkrag toneel….die ander word dan aangekla van roof…en die verkragting en moord word terug getrek….ek verstaan nie so lekker nie. As hulle se dat a.g.v die roof die een op die toneel plaas van die moord en verkragting, hoekom word die ander dan nie ook op die toneel geplaas aangesien hulle haar ook geroof het nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.