Verkragtings op Nelspruit-plase: aanvallers positief verbind

Argieffoto

Argieffoto

Bloedmonsters het twee verdagtes positief verbind aan die verkragting van twee vroue op plase in Mpumalanga, het die streekshof in Nelspruit Dinsdag gehoor.

Solomon Abraham Nkosi (24) van Ermelo Trust naby Kabokweni buite Witrivier en Jimmy Mkhabela (25) van Phola Trust buite Hazyview, het onskuldig gepleit op nege aanklagte, het ʼn Sapa-korrespondent berig. Hulle is in 2011 in hegtenis geneem ná ʼn reeks plaasaanvalle in Witrivier daardie jaar.

Ao Dzunisani Chauke, forensiese kenner, het aan die hof gesê sy het voldoende bewyse wat Nkosi en Mkhabela aan twee slagoffers se verkragting verbind.

Die beskuldigdes staar elk vyf aanklagte van verkragting, een aanklag dat hulle ʼn persoon gedwing het om ʼn verkragting te aanskou, en drie aanklagte van gewapende roof in die gesig.

Landdros Edward Hall het die twee in aanhouding gehou en die verhoor tot 5 Augustus uitgestel. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.