Verkragtingsaak teen Mandela-kleinseun teruggetrek

Argieffoto

Argieffoto

Die verkragtingsaak teen een van oudpresident Nelson Mandela se kleinseuns is Woensdag in die Johannesburgse landdroshof voorlopig teruggetrek.

Die beskuldigde, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, se verdediging het aangevoer die saak moet van die rol geskrap word, terwyl die staat slegs ingestem het om die saak voorlopig terug te trek weens kommer oor die 15-jarige slagoffer wat sukkel om die beweerde voorval te verwerk.

Phindi Louw, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê dit is nie die einde van die saak nie. “Die saak is voorlopig teruggetrek vir verdere ondersoek nadat nuwe inligting aan die lig gekom het.”

Die beweerde verkragting het glo verlede jaar in ʼn badkamer by ʼn restaurant in Greenside, Johannesburg, plaasgevind. Die tienermeisie beweer die 24-jarige beskuldigde het haar na die badkamer gevolg en verkrag.

Die pa van drie is verlede jaar op borgtog van R7 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

christine ·

Lyk my diie mense kan maar maak nes hulle wil geen reels vir hulle. Gadafffi se seuns het dieselfde gedoen en niks oorgekom nie lekker ne. Nou reken ons Donald Trump is bietjie getik maar lyk my die man is nader aan die waarheid.

m ·

Het mos daai tyd gese da ga niks van kom nie want hierdie menere kan maak wat hulle wil want onthou nou wie was sy pa……

REGINA ·

Solank jou van Mandela is, is jy verhewe bo die reg, rykdom en bekendheid speel n groot rol, jy kom skotvry! Dis hoe dinge hier in SA gedoen word, ons almal het dit voorspel!

Ww ·

Die ANC vroueliga se niks dus in hulle kultuur as ek Zuma reg hoor pas ook in hulle menseregte siening

REGINA ·

m, dis sy OUPA wat n terroris/kommunis was – (MILJOENE ander NOEM HOM IN HUL ONKUNDE SELFS N “WERELDIKOON”!) DAAR IS VIR MY SLEGS EEN IKOON, EN DIS DIE HERE. GEEN GEWONE MENS KAN OOIT ENIGSINS N IKOON GENOEM WORD NIE!

alida ·

EK WENS MAROELA WIL OPHOU OM NA HOM TE VERWYS AS MANDELA SE KLEINSEUN. HY HET ‘N NAAM OM HEMELSNAAM.

wilma ·

Dit gaan nie oor wie hy is nie. Hy is n man onthou. Die meisie kon gegil en geskree het.

Nee asb nie ·

Nee Wilma asb nie, moenie die meisie die skuld gee nie. Kom eers in so situasie, sekere badkamers kan jy maar skreeu en ‘n sleg soos die sal vriende he wat help vasdruk of roep as daar iemand kom. Die verdomde ding is al ‘n Pa van 3 – geen blerrie verskoning en nog in ‘n blerrie mall toilet, nee man. Verder het idt niks met sy oupa uit te waai nie, hy is groot gemaak dat hy kan doen wat hy wil en hy moet hom vrek skaam hy steek letterlik en figuurlik die Mandela van in die skande!!!!! Sy Oupa se leuse was om van die wêreld ‘n beter plek te maak nie ‘n plek waar dames nie na malls kan gaan nie! Dit is buitenn dat dit gevaarlik is ook diskriminasie teen vroue – jy en almal wat soos jy dink kleinseun wat op 24 al Pa van 3 is, wat dink al wat jy moet doen is woeker!!!!!!!!!!!

Henk ·

Eisch,wou sê,hoe kan iemand,wat so bekend is,vir afrika se nasionale sport,vervolg word,no.1 het dan weg gekom,so n paar rand,en siedaar,alles word terug getrek!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.