Verkragtingsake geopen na seks in PE-fliekteater

Argieffoto

Argieffoto

Sake van verkragting is geopen nadat drie tienerseuns en ʼn 11-jarige meisie glo die naweek betrap is waar hulle seksuele dade op mekaar uitgevoer het in ʼn fliekteater in Port Elizabeth.

Die vier is glo in die fliek by die Baywest Mall betrap nadat ʼn klag ontvang is van een van die fliekgangers. ʼn 18-jarige seun is glo betrap waar hy seks gehad het met ʼn 16-jarige meisie terwyl die 11-jarige meisie en ʼn 16-jarige seun glo ook besig was met ʼn seksdaad.

Kapt. Johan Rheeder, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat twee sake van verkragting ondersoek word. Hy het gesê weens die sensitiwiteit van die saak as gevolg van die kinders se ouderdomme kan hy nie verdere besonderhede oor die ondersoek bekendmaak nie.

Rheeder het vroeër gesê die saak is aan die kinderbeskermingseenheid oorhandig.

John Sikiotis, uitvoerende hoof van Ster-Kinekor, het gesê die vier jeugdiges is ná die beweerde voorval na die kantoor van die winkelsentrum se veiligheidmaatskappy geneem. Hy het gesê die polisie is ontbied asook die twee seuns se ouers en die meisies se oupas. Hy het gesê dié was die eerste voorval van sy soort in enige Ster-Kinekor-teater in die land.

Kuban Chetty, ’n prokureur van Port Elizabeth, het gesê die minimum vonnis vir die verkragting van ʼn minderjarige is lewenslange tronkstraf.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Manie ·

Hierdie dinge gebeur daagliks. Nie eksklusief tot fliekteaters. Ons land moet ernstig kyk na die moraliteit van sy mense en watter boodskap kinders kry oor seksualiteit.

Chris ·

Ek dink ek het die term van verkragting al die jare verkeerd verstaan. As die meisies verkrag was sou hulle sekerlik baie meer geraas gemaak het soos wat ek verkragting al die jare verstaan het.

inge ·

Hi Chris , ek glo hulleverwys na statutere verkragting aangesien die meisies minderjarig is. Hierdie tipe gedrag onder baie kinders is algemeen.( daar is egter uitsonderings) Wie moet die blaam kry, ouers , media ? Ons moet baie ernstig kyk na die morele veral van sommige van ons jongmense. Dit is onder andere insidente soos hierdie wat veroorsaak dat ek my twee jong dogters baie vinniger van die feite van die lewe moet vertel as wat andersins nodig sou wees. Ons kinders wil te vinnig grootmens wees terwyl hulle nog nie emosioneel en sielkundig gereed is daarvoor nie.

SNEL ·

Verkragting? Ek verstaan dat die meisies minderjarig is, maar dit klink nie of hulle geskop en geslaan het daarteen nie. Buitendien is hulle nie die enigstes nie, dis allerdaags deesdae, so hoekom nou die groep uitsonder. Anders as dit so ernstig is, gaan stel dan ondersoek in by al die skole in die land, en begin almal wat minderjarig is en dit doen aanklae van verkragting, want dis slegs iets wat kinders deesdae nie doen nie; as hulle morelewaardes het of as hulle geloof hulle daarvan weerhou, anders is dit mos iets om oor te “brag” en maak dat jy “in” is. Wat van die seun wat 16 is, word hy en die elfjarige meisie nou saam van verkragting aangekla alhoewel hulle dit met mekaar gedoen het of hoe? Hierdie is regtig net die tip van die ysberg, skokkend is dit wel, dit hoort nie by sulke jong kinders nie, veral nie n elfjarige nie, maar wat gaan n verkragtingsaak nou hier help. Net n klad op hulle naam, vir iets wat duisend ander kinders doen.

Peet Schabort ·

Dit was seker maar ‘n swak fliek wat gewys het en die aandag nie kon behou.
Wat was die fliek se naam ?

yvonne ·

11 Jaar oud!!
Skokkend! Vrek nie gedink mens dink eers aan dit op daardie ouderdom nie, waar is die dae toe kinders nog pop en met karretjies gespeel het op daardie ouderdom!
Ouers kyk bietjie waarna kyk julle kinders op TV en praat met jou kind oor seksopvoeding.
Vrek sy self is nog ‘n kind . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.