Verkragtingslagoffer gevra om ‘dag later’ terug te kom

(Argieffoto)

Die Wes-Kaapse polisiehoof, lt.genl. Yolisa Matakata, sê sy het met afgryse verneem van ʼn voorval waar ʼn vrou van Khayelitsha wat glo verkrag is by die polisiestasie weggewys en aangesê is om ʼn dag later terug te keer.

Matakata het dadelik ʼn dissiplinêre ondersoek na die voorval gelas.

Luidens die voorlopige ondersoek het ʼn 26-jarige vrou die polisiestasie Maandagaand besoek om die beweerde verkragting aan te meld. Die polisiebeampte wat haar glo weggewys het, is reeds geïdentifiseer.

ʼn Senior polisiebeampte van die Khayelitsha-polisiestasie het die slagoffer Dinsdag tuis as deel van die ondersoek besoek en ʼn saak van verkragting is aanhangig gemaak. Die oortreder is nog nie in hegtenis geneem nie en die polisie volg verskeie leidrade op.

“Ek kan nie wag dat die dissiplinêre ondersoek afgehandel word nie. Nie net is dit ʼn verleentheid dat ʼn misdaadslagoffer sonder hulp by ʼn polisiestasie weg is nie, maar die bewerings oor wat gebeur het, lyk ook na pligsversuim deur die polisie. Die ongelukkige voorval kom boonop op ʼn tydstip dat die land ʼn opdraande stryd teen kommerwekkende voorvalle van geslagsgeweld voer,” het Matakata gesê.

In ʼn onverwante saak ondersoek die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) die dood van ʼn 39-jarige man wat by die Khayelitsha-polisiestasie aangehou is nadat hy glo sy vriendin ná ʼn woordewisseling vermoor het. Die man is Dinsdagmiddag dood in die aanhoudingselle aangetref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Manda ·

Die hele wêreld betoog oor BLM – maar in goeie ou SA beteken Black Lives vir ‘n sekere groep van die bevolking (hulle eie mense) net mooi niks. So… hoekom betoog almal so? Die VSA moet na SA se stories kom luister…

Nie Verbaas ·

Sal bitter graag wil sien wat gebeur met die disiplinere ondersoek. Ons wag in spanning.

Cherokee ·

MBT die laaste paragraaf, ek hoop die vriendin weet wat met haar aanvaller gebeur het.

Blikke ·

“So much” vir gender based violence!!! Lee Blikke maak die grootste geraas maar solank julle net nie rook nie hoor!!!

marius ·

Afgryse ? Waarom altyd geskok , teleurgesteld en hartseer as ander mense dit moet uitkrap ? Waarom staan hy nie agter sy lessenaar op , trek ‘ n ou oorpak aan en gaan besoek sy polisie stasies in die nag nie ? Dan kan hy die hele spul self summier ontslaan .

Hans ·

Dit spreek vanself SA en korrupte pligsversuim is die standaard

Willem ·

Ja dit gaan so, vir sommige slagoffers word die hele hofsaak aan die gang gesit net sodat die regter omkoopgeld vat en die aanklaers en die slagoffer word beledig, en van vooraf verniel in die hof, net sodat die media dit sensasioneel kan print en die slagoffer IN ELK GEVAL die saak verloor op valse tegniese punte.
die manne sal aanhou verkrag, want…HULLE KOM DAARMEE WEG. Veral as dit boetie vra vir ryk pappa om te betaal sake is, gewoonlik die gesienes op die dorp.,……. die gemeenskap aanvaarbare mannetjies,,,,,,dan word die slagoffers afgemaak dat hulle geld soek of aandag…. dit gaan nie regkom vir solank as wat die tipe daarmee wegkom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.