Verkragtingslagoffer glo by hof gedreig

Die slagoffer se vriende het haar by die hof ondersteun. Van links is Desiré Jordaan, Lynette van Zyl, Sandy Richie, Gavin Donnoly (agter), Celeste Gouws, Dafré Troskie en Katja Offerman. (Foto: Verskaf)

Die burgerregteorganisasie AfriForum sê sy vermoede dat ’n beweerde verkragter polities beskerm word, is Dinsdag weer eens bevestig deur gebeure by die streekhof op Somerset-Oos in die Oos-Kaap.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid, onder leiding van adv. Gerrie Nel, verteenwoordig die slagoffer, Celeste Gouws, wat in 2017 na bewering in haar eie huis verkrag is nadat sy vermoedelik bedwelm is. Maroela Media het in Februarie berig die saak is na die privaatvervolgingseenheid verwys nadat ’n prokureur op die dorp en Louw se vriendin geen antwoord op navrae ontvang het oor waarom geen strafregtelike stappe teen die beskuldigde ingestel word nie.

Die verdagte staan tereg op ʼn klag van verkragting en een van huisbraak met die doel om te verkrag. Volgens AfriForum is die verdagte se familielede aktief in die politiek. Die saak is Dinsdag vir ʼn derde keer uitgestel omdat die verdagte wéér van regsverteenwoordigers verander het en sy nuwe regspan eers op hoogte met die saak moet kom.

“Vandag het ’n groep mense, sommige geklee in ANC-T-hemde, die slagoffer en van AfriForum se ander getuies verhoed om die hof se perseel te betree. Die slagoffer is ook tydens die gebeure gedreig en daar is aan haar gesê dat haar dae getel is,” het Andrew Leask, hoofondersoeker van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, gesê.

“Nadat lede van AfriForum se privaatvervolgingseenheid ingegryp het, het die polisie uiteindelik toegetree.”

Leask sê toe die verrigtinge afskop, het die beskuldigde eers geweier om in die beskuldigdebank te verskyn omdat hy glo nie aan die media blootgestel wou word nie. Nadat die landdros, Eric Mbiyo, aangedui het dat sy weiering om te verskyn tot inhegtenisneming kan lei, het hy wel die beskuldigdebank betree.

Volgens AfriForum is dit uiters teleurstellend dat ’n beskuldigde eenvoudig kan aanhou om die regsproses uit te stel sonder enige nagevolge.

“Ons is baie teleurgesteld deur die hof se onvermoë om toe te sien dat sy eie reëls nagekom word. Die hof se versuim om te verseker dat die verhoor vandag begin het ongelukkig nou tot gevolg dat die slagoffer se saak benadeel is, aangesien ’n sleutelgetuie in die saak die einde van die week emigreer,” sê Leask.

“Die versuim om die getuienis aan te hoor het onherstelbare skade aangerig aan die slagoffer se saak. Ten spyte van die regering se onophoudelike beloftes op Menseregtedag om geslagsgebaseerde geweld stop te sit, het die uitstel van hierdie saak weer eens die onaanvaarbare situasie geskep waar die slagoffer die traumatiese gebeure van die voorval moet herleef, aangesien die saak nie tot ʼn punt kom nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Kokerboom ·

Is daar nog bestaansreg vir die Blanke in die vervloekte land?

Pieter ·

Groot klomp rasiste in anc en dan het hy sy styl by sy maat zuma geleer- niks snaaks nie.

katerinadiekat ·

Ja dis mos n blanke dame wat verkrag is, so dit sal maar n opdraande pad wees na geregtigheid.

Pieter ·

Ons gaan moet saam staan en die brein dood ANC se geld krane toe draai. Die land se regstelsel is n grap dit is wat dit is. Ons belasting geld betaal daai niks werd regter se selaris.

Jannie van Niekerk ·

Diue ANC kan doen net wat hulle wil en kom niks oor nie. Plaasaanvalle, Moord, verkragting, kindermolestering, transitorowe, dwelmhandel en motorkapings. As jy n ANC of EFF ondersteuner is, mag jy dit maar doen. Jy sal beskerm word deur die ANC gesinde polisie, Die MRK die regbank en alles wat teen blankes gekant is.

Johanna ·

Liewe Vader,. mens sou sweer hierdie monster is Zuma homself.. Word verdedig buite die hof deur skares en weier om in hof te verskyn. En.mense swat die slagoffer moet ondersteun maak dregimente. Dit nadat geslagsgeweld glo prioriteit is. Wie lieg vir wie.
Vroue word behandel soos rubbish en polisie is baie gemaklik daarmee.. Shame on you..

Mallie ·

Laat hom vry in die gemeenskap, sodat die familie hom kan beet kry. Skurk.

Bernard ·

Maar Ramaphosa en die anc is dan kastig so ernstig oor “gender violence”.

Hennie J ·

Onthou net hierdie gepeupel glo nie daaraan dat die pen skerper as die swaard is nie. Hulle sal in getalle opruk en almal intimideer. Tot tyd en wyl ons hulle nie met ons eie geweld kan afskrik nie sal dit voortgaan. Ek voorspel dat daar binne die volgende 5-10 jaar opgeleide wit kommandolede in elke distrik sal wees en hulle sal deur wittes gefinansier word en die taak he om witmense te beskerm teen die oproerige meerderheid.

Jack ·

Hierdie manier van hoe om vervolging te vermy is tipies die van die anc en sy kaders. Daar is zuma vir ons n uitstekende voorbeeld. Die gereg word met die dood gedreig as afskrikmiddel en beteken die regsbank se onafhanklikheid vir die wit Afrikaner geen gerusstelling nie. Die regsbank is reeds so ingeneem deur kaders dat dit slegs n skynbeeld na die buitewereld projekteer. Eie reg word al hoe meer n aantreklike opsie vir die afhandeling van die soort vergrype teen wit mense. Die boodskap wat die howe uitstuur is : In die land kan jy maar moor en roof want ons sal jou beskerm deur ons onbevoegdheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.