Verkragtingslagoffer moes glo huis skoonmaak

skoonmaak

Argieffoto

ʼn 43-jarige man is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn 12-jarige.

“Goodman Simphiwe Balelo is Maandag in die Butterworth-streekshof gevonnis vir die verkragting wat op 31 Oktober 2012 plaasgevind het,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder vir die polisie in die Oos-Kaap, Dinsdag gesê.

Balelo het die meisie en haar vriendin omstreeks 12:00 die middag na sy huis genooi sodat sy sy huis kon skoonmaak. “Die twee niksvermoedende dogters is na die man se huis toe,” het Manatha gesê. “Die man het langs die slagoffer en haar gesin gewoon.”

Die tweede dogter, wat ʼn familielid is van die skuldige, is aangesê om weg te gaan. “Die man het vir die slagoffer gesê sy moet bly, omdat sy self die huis gaan skoonmaak. Hy het daarna die deure gesluit en haar verkrag.”

Manatha sê die man het R2 vir haar gegee en gewaarsku sy mag niemand van die verkragting vertel nie. “Sy het egter haar gesin daarvan vertel en die man is kort daarna in hegtenis geneem.”

Die misdaad het by die Ntlambonkulu informele nedersetting in Mgomanzi, Butterworth, plaasgevind. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.