Verkragtingslagoffer wat polisie vir miljoene dagvaar getuig glo vandag

hof-hamer

Argieffoto

Andy Kawa, ʼn sakevrou van Gauteng, sal na verwagting Donderdag getuig in die saak waarin sy die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) vir byna R5,8 miljoen dagvaar vir die beweerde versuim om haar opspraakwekkende verkragtingsaak deeglik te ondersoek.

Kawa soek byna agt jaar ná die gewelddadige aanval, wat 16 uur geduur het, geregtigheid by die polisie.

Die siviele verhoor is vandeesweek in die Port Elizabeth-hooggeregshof hervat en Kawa sal na verwagting vandag self getuig.

Maroela Media het vroeër berig Kawa dagvaar die SAPD vir R5,8 miljoen in skadevergoeding. Sy is op 9 Desember 2010 ontvoer toe sy op Kings Beach in Port Elizabeth gestap het. Sy is tussen die sandduine aangehou en 15 tot 16 uur lank om die beurt deur ʼn bende verkrag.

Kawa kon die volgende dag van haar aanvallers ontsnap. Sy het in 2012 haar beweerde aanvallers uitgewys tydens ʼn optog op dieselfde strand, maar die aanklagte teen die twee mans is teruggetrek toe DNS-bewyse die twee mans nie met die aanval kon verbind nie.

Die verweerders in die staat is die minister van polisie, brig. Ronald Koll en die twee ondersoekbeamptes in die saak, Matabata Madubedube en Adine Solomon.

Kawa beweer die polisiediens het foutiewelik en nalatig opgetree in sy plig om haar bewering te ondersoek dat sy ontvoer, aangehou en verkrag is deur ʼn groep mans.

Volgens die hofdokumente het die polisie ook versuim om die gebied rondom die parkeerterrein by Kings Beach te ondersoek waar daar ook by haar motor ingebreek is. Die polisie het na bewering ook traag gereageer op ʼn oproep deur drawwers wat Kawa ná die aanval bygestaan het.

Volgens die hofdokumente het een van die ondersoekbeamptes beweer hy kon nie die saak behoorlik ondersoek nie weens ʼn gebrek aan vervoer en onvoldoende lugtyd op sy selfoon. Die ander ondersoekbeampte het versuim om ʼn identikit van Kawa se ontvoerders saam te stel.

Sy beweer ook sy ly aan posttraumatiese stres-sindroom en depressie en het nog nie teruggekeer na haar werk as makelaarkonsultant ná die aanval in 2010 nie.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nita ·

Skrikwekkende ervaring vir die arme vrou. Uiterste swak werk van die polisie se kant af. Ons land word toenemend onveilig vir sy bewoners.

Elize ·

Die arme vrou. Ek kan goed glo sy lei aan depressie en dat sy nog nie terug werk toe kon gaan nie. Die trauma verbonde aan so iets. My innige simpatie. Ek hoop sy wen haar saak. Sterkte v haar.

Lee ·

Tipies. Useless SAPS. Dan wil Cele hê vrouens moet al sulke tipe gevalle raporteer!!! Warrvoor want sy beamptes is verby useless.
Hoop regtig sy wen haar saak.

koos1 ·

Daar is nie geld vir lugtyd nie. MAAR mijoene word spandeer op kos en tente as nuwe goed aan die publiek voor gestel word. Duisende word spandeer deur die SAPS op kos elke keer as daar ‘n vergadering is met 2 of meer mense.
Tyd dat die minister die SAPS verban om enige kos aan te koop. Alle staatsamptenare kry 30 min etenstyd en kos toelaes as hulle moet reis. Wend daai geld aan vir hulpbronne.
Dis ook tyd dat die inligting bekend gemaak word in die parlament dat ons as gewone belasting betalers kan weet hoeveel van ons geld word spandeer om monde vol te stop!

Gawie ·

Ek is regtig baie jammer wat met jou gebeur het Andy en hoop van harte dat jy die saak teen die SAPS sal wen.
Suid Afrika het nie meer Polisie en Weermag nie

Denise ·

Dit is skokkend , walglik dat n vrou so wreed mishandel word die verkragters moet boet dit gan baie lank vat om oor so iets te kom sterkte !!!!

Alida ·

Ek hoop geregtigheid sal geskied. Julle kla altyd oor SAPD wat lede wat eet. Hulle mag mos eet julle eet ook mos.

Ekke ·

Sterkte en ek is trots op jou dat jy die n eis in gesit het .meer mense moet dit doen .soos moorde en verkragtings en baie meer .want hier is geen wette meer om die land se burgers te beskerm nie .TROTS OP JOU ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.