Verkragtingslagoffer wen saak teen SAPD

Andy Kawa (Foto: Raahil Sain/ANA)

Andy Kawa, verkragtingslagoffer en sakevrou van Gauteng, het haar siviele saak teen die minister van polisie in die hooggeregshof in Port Elizabeth gewen.

As Kawa skade kan bewys, kan sy meer as R2,3 miljoen vergoeding van die staat ontvang.

Kawa het byna agt jaar lank geregtigheid gesoek en die SAPD vir R5,8 miljoen gedagvaar ná ʼn gewelddadige aanval wat ongeveer 16 uur lank geduur het.

Regter Sarah Sephton het in haar uitspraak gesê die polisie se versuim om behoorlik ondersoek in te stel, beteken die SAPD kan vir 40% van die eis aanspreeklik gehou word as sy skade kan bewys.

Die hof het ook ʼn kostebevel uitgereik en die SAPD moet Kawa se uitgawes vir die hofsaak en regshulp betaal.

Kawa is op 9 Desember 2010 ontvoer toe sy by Kings Beach gaan stap het. Sy is gyselaar gehou en ʼn bende het haar vir tussen 15 en 16 ure lank om die beurt verkrag tussen sandduine. Sy kon die volgende dag van haar aanvallers vlug.

Sy het in 2012 tydens ʼn betoging op dieselfde strand haar vermeende aanvallers uitgewys, maar die aanklagte teen die twee mans is teruggetrek toe DNS-bewyse nie die mans met die aanval kon verbind nie.

Die verweerders in die siviele saak sluit die minister van polisie, brig. Ronald Koll en die twee ondersoekbeamptes op die saak in. Die hof het die saak teen Koll en die ondersoekbeamptes in hul persoonlike kapasiteit laat vaar.

Kawa voer aan die SAPD het sy plig versuim om ondersoek in te stel op haar aanklag dat sy ontvoer, gyselaar gehou en deur ʼn groep mans verkrag is. Sy voer aan die polisie het ook versuim om die parkeerterrein te deursoek waar daar ook by haar motor ingebreek is. Die polisie het na bewering ook versuim om te reageer op ʼn oproep van drawwers wat Kawa ná die aanval bygestaan het. Beamptes word ook daarvan beskuldig dat hulle versuim het om die gebied rondom die sandduine te ondersoek.

Volgens die hofdokumente het een van die ondersoekbeamptes aangevoer hy kon nie ondersoek instel nie, weens ʼn gebrek aan vervoer en onvoldoende lugtyd op sy selfoon.

Kawa het aan die hof gesê sy moes self ondersoek instel en bewyse versamel. Sy ly aan posttraumatiese stressindroom en depressie en kon nie terugkeer na haar makelaarsfirma sedert die aanval in 2010 nie.

Die hof het bevind daar bestaan min twyfel dat Kawa beduidende trauma opgedoen het nie. As beamptes ʼn redelik doeltreffende soektog van Kings Beach uitgevoer het, sou Kawa reeds om 01:30 gevind gewees het, en sy sou ʼn verdere ongeveer vier en ʼn half uur van trauma gespaar gewees het. Die hof het ook bevind uit ʼn psigiatriese oogpunt het die uitgerekte aanval bygedra tot die sielkundige probleme waarmee Kawa gediagnoseer is. .

Lees alle vorige berigte oor Andy Kawa op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann ·

Om te dink dat n slagoffer van so n geweldadige ervaring, die POLISIE moet dagvaar as deel van haar reg tot toegang tot geregtigheid??????? ANC LEGACY waar die gewetenlose booshede wat moor en verkrag en verwoes se regte bo die staan van wat aan die ontvang kant is. SIEK SIEK SIEK. Maar intussen lieg inse president WEER op Amerikaanse TV oor die toesrand van die land wat hy belieg… SHAME ON YOU RAMAPOZA en kie.

Oujongvrou ·

Hoera, hoera, hoera. Hoeveel keer het ek al hier gese. Begin die staat en polisie siviel aankla. Hulle moet ons veilig laat voel en hou, maar niemand gee om nie. Maar as een van die ministers vermoor word is daar groot hoe en ha.

Hendrik van George ·

Net jammer dat die polisie nie die geld betaal nie, maar wel ons belastingbetalers! Vrot SAPS….

Nettie ·

@Oujongvrou, ja – hoera, hoera, hoera ……….. vir swak polisiëring en die feit dat ek, jy en Jan Alleman nou die gelag – en die hofkoste asook Kawa se eis moet betaal. Of wie se belastinggeld word vir hofonkostes en vergoedingseise van dié aard gebruik? Cyril Ramaphosa s’n of dalk die ANC s’n? Raak asseblief wakker en ruik die koffie!

leser ·

kawa, ek hoop jy kan jou skade bewys, laat dit die polisie se oe oopmaak
kan ‘n mens steeds die polisie vertrou, NEE !!!!!!!!!!!!!!!!
ongelukkig maak dit dat die paar wat hul werk ernstig opneem, deel van die globale groep uit wat nie vertrou kan word nie

Hanna Hoekom ·

Laat mens terugdink aan die wrede aanval en verkragting van die jong vrou in Knysna so ongeveer 15 jaar gelede. Haar aanvaller was uit op borgtog nadat hy verskeie kere van tevore op ernstige aanklagtes gearresteer was. Sy het na jare ook haar saak teen die Staat gewen. Wat n bleddie skandvlek op die reeds berugte SAPS! “To serve and protect…”

M ·

CarMichelle dink ek was dit vrou se van. Sy was van Noutsi Strand naby Knysna

Ag Tog ·

Dit gaan nie oor geretigheid nie, net oor geld. Julle almal word deur die vrou aan die neus gelei.

Lynette. ·

Oujongvrou….wat gaan dit help? Al wen sy die saak, kom die.geld.uit die.REGERING sr koffers (m.a.w. die BELASTINGBETALER betaal daarvoor) en is daar NET NOG MINDER geld beskikbaar vir dir polisie om hule werk na behore te doen. Dis n wrede kringloop – dir polisie het.nie geld.vir voertuie rn lugtyd nie – hul word gedagvaar – hulle verloor die saak – wod beveel om miljoene te betaal – belastingbetaler betaal – NOG minder geld beskikbaar vir polisie om hul werk na behore te doen – volgende slagoffer dagvaar die polisie. Sê my…waaroor skree jy “hoeta hoeta hoera”??

koos ·

Lynette, jy vat die woorde so uit my mond. Net jammer dat die meerste van hierdie land se geld het onder Zuma verdwyn in sakke van indivudue. Sy nalatingskap sal nog baie lank gevoel word.
Dink net as ons al daai miljarde rande kon gebruik word vir die SAPS. Dan kon hierdie speurder nie nie die verskoning gebruik het nie, en sou dan persoonlik vir die eis aanspreeklik gehou gewees het.

Michael Bouwer ·

Tweede paragraaf, moet die nie “skade kan bewys” wees nie?

Tania Heyns ·

Dagsê Michael Bouwer

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

RHG ·

Las maar by haar trauma die agt jaar wat die saak geduur het.
Sy het nie moed opgegee nie. Die ding het vir seker haar lewe oorheers.
Alle sterkte vorentoe, me Kawa.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.