Verkragtingslagoffers weer tydens ‘beradingsessies’ verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pastoor wat voorheen verbonde was aan die Christ Healing Fountain-gemeente in Mannenberg op die Kaapse vlakte is skuldig bevind op twee aanklagte van verkragting.

David Mteteleu Mnapu (50) het Dinsdag in die hof vir seksuele oortredings in Parow voor landdros Mandy van Leeve verskyn. Hy het vroeër in April skuld ontken op die aanklagte teen hom.

Onmiddellik nadat Mnapu op die twee aanklagte skuldig bevind is, is sy borgtog deur Van Leeve teruggetrek. Hy sal in polisieaanhouding bly tot sy vonnisverhoor op 20 Junie.

By die eerste voorval was ʼn 18-jarige meisie betrokke wat in November 2008 deur ʼn ander man verkrag is. Sy het die Christ Healing Fountain-kerk bygewoon en in Maart 2009 vir Mnapu gevra of hy vir haar berading sal gee. Mnapu het haar na sy hotelkamer naby die Kaapstad Internasionale Lughawe geneem waar hy haar ook verkrag het.

Die tweede vrou was ook ʼn verkragtingslagoffer wat Mnapu vir berading genader het. Hy het haar ook in sy hotelkamer verkrag. Die vrou het tydens die verhoor in die hof getuig dat Mnapu haar ná die verkragting gewaarsku het dat haar familie vervloek sou wees en doodgaan indien sy enigiemand van die verkragting vertel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

SkarrelKind ·

My liewe genade?! IS dit moontlik dat iemand in so ‘n posise so kan optree? Nou ja Regter Mable Jansen – wat kan ons sê??

Leeukop ·

Jammer, my fout, ek praat van die ander een wat mable Jansen so aangekla het!! Maroela, delete asb my dom fout. Die slegte een is die een wat mable aanvat omdat sy rassespeletjies wil speel, ons in ons rug wil steek, ek het nou net haar naam vergeet.

Lance ·

Elke 25 sekondes word iemand in SA verkrag ….Mable se woorde kom heetyd by my op ..sy slaan die spyker op sy kop !

Lance ·

Elke 25 sekondes word iemand in SA verkrag ….Mable se woorde kom heeltyd by my op ..sy slaan die spyker op sy kop !En dit nogal van n pastoor …wat n damn skande !!

Gesiggie ·

Die arm meisie in 2008 word sy deur n man verkrag in 2009 vra sy vir berading en word weer verkrag… berading in n hotel kamer hoe nice Mnr: Mnapu..en jy reken die 2 de vrou as sy praat sal haar familie vervloek word, en dood gaan, jy is die een wat vervloek gaan word…

Ekke ·

Dis so vreeslik. Dis beter om liewers met daai pyn te loop. Ek is verkrag op 15 jarige ouderdom…. deur iemand wat my ouers goed geken en vertou het. Dis meer as 13 jaar terug. NIEMAND behalwe my man weet daarvan en ek was nooit vir berading of enige iets, Ek het al gesien wat beraders doen, meeste van hulle maak jou die vark en verneder jou net nog meer en dan kry jy die vark soos die wat daai onskuldige vroue weer deur hel sit. Nee wat ons vrouens (en mans) wat verkrag word moet maar ons eina self dra, die mense daar buite veroordeel en maak dit net nog erger. Dankie tog die Here het my man gegee wat verstaan en dit NOOIT sal opbring nie.

Kieter ·

Dit breek my hart. Nog nooit van iets so disgusting gehoor nie. Daar moet ‘n spesiale soort hel wees vir sulke mense. Sies man

Theresa ·

Hoop iemand vertaal dit vir die man: Mnapu, jy is reeds vervloek, net bloot uit jou dade. Dit wat jy gedoen het onder die dekmantel van berading as ‘n pastoor. Jy is ‘n skande vir jou familie en die samelewing. Sit dit in jou pyp en rook dit.

Linda ·

Die probleem is dat meeste van die sogenaamde pastore geen opleiding gehad het nie. As jy die Bybel kan lees en bid dan maak jy jou self sommer n pastoor en begin met n gemeente.

Leeukop ·

Ja en dan kan jy lekker baie geld kry, Jy se net vir die gemeente hulle moet aftrekorders teken vir n lekker groot bedrag, Dan sal hulle “gebless” word.

Oom Kalahari ·

Wel ek hoop van harte Mev. Gillian Schutte kyk elke dag na hierdie gebeure om haar optredes te sus vir die onreg wat sy aan Regter Mabel Jansen en hierdie slagoffers gedoen het met haar onregverdige optredes. Wat doen sy in die gemeenskap om hierdie verkragtings hok te slaan? Pastoor, jy wat die hulp aanroepe van jou gemeente lede moet behartig en helings prossese aanbied, buit jy uit en vernietig hul lewens wat onstrafbaar is. “Sies vir jou, jou hart is dwaas”

God slaap nie! ·

Dis hierdie tipe kriminele wie hulself “pastore” maak en soveel gemors aanvang wat maak dat mense nie meer die Here wil dien nie. God het hom nooit in daardie amp geroep of geplaas nie. Ons sien oral hoe elke jan rap en sy maat ‘n “bediening” begin en homself ‘n “pastoor” maak omdat hulle posisie, mag en veral geld wil hê. Ek kry net die arme dommerds jammer wie so ‘n wolf in skaapsklere ondersteun. Sy pak sal hy dubbel en dwars en vir ewig kry as hy hom nie waarlik voof ‘n lewende God gaan bekeer van sy vieslikheid nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.