Verkragtingsverdagte ʼn jaar later steeds soek

Foreshoreweg. Foto: Google Earth

Foreshoreweg. Foto: Google Earth

Die polisie in KwaZulu-Natal het Donderdag ʼn identikit van ʼn vermeende verkragter uitgereik nadat ʼn vrou (58) by haar huis in Ocean View, Brighton Beach, aangeval en verkrag is.

“Die voorval het reeds verlede jaar op 15 Mei plaasgevind,” het kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, Donderdag in ʼn verklaring gesê. “Die verdagte het die slagoffer omstreeks 21:30 aangeval terwyl sy in haar huis in Foreshoreweg geslaap het. Die verdagte het haar glo met ʼn skroewedraaier gedreig, haar verkrag en van die toneel gevlug.” ʼn Saak van verkragting is by die Brighton Beach-polisiestasie aanhangig gemaak.

Die verdagte is in sy 20s, en is lank en skraal. Hy het tydens die voorval ʼn blou denim en ʼn gestreepte T-hemp aangehad.

Brighton Beach.JPG..

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.