Verkwisting van openbare geld skok in Vrystaat

Slaggate in teerpaaie (Foto: Vrystaat Landbou)

Vrystaat Landbou (VL) het Maandag sy skok uitgespreek oor die verkwisting van openbare geld, veral in die Vrystaat waar die haglike toestand van dié provinsie se paaie onlangs ’n sentrale besprekingstema tydens distriksvergaderings was.

Die ouditeur-generaal (OG) het onlangs bevestig dat die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer R1,138 miljard verkwis het waarvan R96 miljoen ongemagtigde uitgawes was.

“Basiese dienste word nie gelewer nie en dit is nie weens beperkte hulpbronne nie, maar die administratiewe leierskap se onvermoë om diegene verantwoordelik te hou wat openbare geld steel, wanbestuur en mors,” sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, in ’n verklaring.

Die organisasie hou nou die provinsiale administratiewe leierskap verantwoordelik vir die bedreiging van voedselsekerheid en werkverliese in die Vrystaat.

Volgens Wilken is daar ’n toenemende vraag onder Vrystaat Landbou se lede en ondersteuners oor hoe hulle belasting, wat duidelik wanbestee word, kan weerhou en hierdie geld eerder gebruik om die werk self te verrig.

Volgens die OG dien die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer as voorbeeld van die voortgesette miskenning van voorskrifte vir verkrygings en is dié departement die grootste bydraer tot onreëlmatige uitgawes (R1 miljard).

Luidens die verklaring het die OG verder gesê dat ’n “kultuur van geen gevolge” geskep is deur die politieke en administratiewe leierskap se onvermoë om gevolgebestuur toe te pas. Die provinsie is dus kwesbaar vir wanbesteding en die misbruik van staatsgeld.

VL doen nou ’n beroep op die OG om die daad by die woord te voeg en op te tree waar daar geen vordering plaasvind nie. Die organisasie sê hy sal die situasie monitor en ’n skrywe aan die OG rig, indien nodig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Buks ·

Verkwisting van openbare geld skok in Vrystaat – kyk maar na wie hul leier was.!

Sarel ·

Elke oudit verslag is ‘n nagmerrie, nie net Provinsiaal.nie maar feitlik elke Munisipaliteit. NIKS word egter gedoen nie

Nie Verbaas ·

Daar sal absoluut niks gebeur nie. Volgens ANC standaarde is hulle onberispelik op teiken.

Maggies ·

Die pad tussen Bloemfontein, Boshof en Kimberley is ‘n gevaar vir enige motoris.
My bejaarde skoonouers moet van Boshof af weerskante toe ry vir mediese besoeke.
Sowat ‘n maand gelede moes my skoonvader(78) die motor se as vervang wat agv. van die swak pad gebreek het.
Hulle het weerbaar langs die pad gestaan en wag vir hulp om op te daag.
Dit het onnodige koste op hulle as pensioenarise geplaas.

Oom Hennie Pennie ·

Dit is tyd dat lewenstyl audits op ALLE amptenare gedoen word.

Blikkies ·

Ek dink dit is nou al heeltemal te laat om wakker te skrik en hulle oor die vingers te tik, asof hulle dit in hierdie jaar gaan regstel…

Kokerboom ·

Na 27 jaar is dit tog nou regtig duidelik dat die ANC regime NIE kan regeer en ook nie oor die wil en vermoeë beskik om dit te kan kan doen! Ten spite van 27 jaar se wanbestuur hou die SA belastingbetaler aan om sy swaarverdiende geld in ‘n leë put te gooi!! Tyd vir praat is verby, en enigste oplossing is weerhoudinding van gelde en DOEN nodige werk en herstel SELF!!!Wat is fout met ons dat ons aanhou om so misbruik te word????!!!!

Tiptol ·

Hierdie het al 30 jr terug begin gebeur. Maar almal ry in duur motors rond.

Androclus ·

Arme mense geen idee van instandhouding,maar wel om geld te laat verduister.

Yvonne ·

Die SWAK ANC regering Sal niks doen tot alles vernietig en verniel is nie……ek sal inderewigheid die mense se denkwyse nie vesrtaan nie

jzjz05 ·

Kry die werk !! ,sit dan agteroor en geniet die salares, al wat van hom verwag word is om so min as moontelik te doen maar n vereiste is om elke jaar te “strike” vir meer geld en regte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.