Verlamde bejaarde erg in huis aangerand

Argieffoto: Miguel Roberts/The Brownsville Herald via AP

Die Oos-Kaapse polisie is steeds op soek na die rowers wat Dinsdag ʼn 87-jarige verlamde vrou van New Brighton ernstig aangerand het tydens ʼn rooftog by haar huis in Rulastraat.

Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, sê die vrou het ʼn voltydse versorger, maar die versorger was nie by die huis ten tyde van die voorval nie.

“Die vrou se versorger het omstreeks 12:00 die huis verlaat om ʼn paar goed by die winkel te gaan koop. Toe sy omstreeks 12:40 terugkeer, het sy die bejaarde vrou in haar bed aangetref waar sy ernstig aangerand is,” sê Beetge. Hy sê die vrou het beserings oor haar hele liggaam en in haar gesig opgedoen.

“Daar word beweer die veiligheidshek was toe, maar nie gesluit nie en ʼn onbekende aantal verdagtes het toegang tot die huis verkry en die slagoffer aangerand terwyl hulle geld geëis het.” Volgens Beetge het die boosdoeners daarna met die vrou se beursie op die vlug geslaan.

Genl.maj. Dawie Rabie, woordvoerder van die polisie, het die voorval ten sterkste veroordeel. “Misdade teen ons bejaardes moet gesien word as misdade teen die hele gemeenskap,” sê Rabie. Hy het ʼn beroep op die lede van die publiek gedoen om ten alle tye dubbeld seker te maak dat veiligheidshekke gesluit is wanneer hulle die huis verlaat.

Enigiemand met inligting oor die voorval wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om kapt. Jerome Mackay by 071 475 2015 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Adrian ·

Die tydperk wat versorger winkel toe is vind die aanval plaas……. ek ruik n rot ??

Henk ·

Ek is seker die voltydse versorger kan meer lig werp op die aangeleentheid

honourable member ·

Het hierdie mense enigsins n gevoel of respek vir enige iemand. Wat presies is die doel om n hulpelose mens aan te val. Wat se genot kry jy daaruit.

alida ·

Wat is die doel om ‘n verlamde vrou aan te val. Daar sit meer agter hierdie aanval.

Benita ·

Die REGERING gee nie om wat bejaardes gebeur nie. Hulle Moor ons uit. Maak nie saak if hille aktief of gestrem is nie. Kyk maar na die Transnet pensioenarisse. Die Hof het beslis Transnet moet die oumwnse hulle pensioengeld gee die amoer 20jaar later en 30 000+ pensioenarisse het Reed’s gesterf sonder dat hulle hul pensioen gesien het waarvoor hulle gewerk het. So NEE die REGERING gee nie om NIE, wat hulle in hul aakke Kan steek is Al wat belangrik is

Waarheid ·

Laat die skille van die oe val. Alle wit mense groot gemaak in die apartheids era is die targets. Laas naweek tydens n onderonsie met EFF lede is dit duidelik aan ons geskree dat ons die targets is en uit geroei gaan word.

Teen-Versorger ·

Ek is absoluut teen versorgers, nadat my tannie deur ‘n getegistreerde versorger na een nag, die volgende oggend met verskeie ribfrakture en ander erge beserings gehad het. Sy is weg voordat ‘n klag gelê kon word, en die maatskappy het ontken dat sy so iets sou doen. My tannie is ‘n week later oorlede.

Anti Versorger ·

Met die aftree oorde/oue tehuise wat oorvol is, en peperduur is, is bejaardes se ander opsie ongelukkig om versorgers aan te stel.
My eie ouers het ‘n versorger gekry…sy het een week gewerk, nadat sy die naweek huistoe
is , word ingebreek, my ouers op die bed vasgemaak. Die huis word leeggedra, laai alles in my pa se bakkie en ry weg. Voertuig nooit gekry, skelms nooit gevang…

tamboti ·

Wat kan ek se of doen om ‘n verskil te maak – absoluut niks, maar as ek kon sou ek elke oortreding 70 x 7 straf, nie eendag nie – van nou af onmiddelik.

Margaret Visagie ·

Ek ruik ook n muishond, en diè is sommer naby!!!

Nel ·

“The true measure of any society can be found in how it treats its most vulnerable members” – Gandhi
(Oumense, kinders en diere)

Magrietha ·

Julle is lafhards on oumense kinders en vrouens aan te val en dan kom julle meer as een wys jou net kom een een dan sal julle sien wat gebeur

Hilda ·

Ek is ‘n verpleegster wat oorgegaan het na Palliative Care, en doen dus tuisversorging. As versorger is dit my een goue reel om ten alle tye veiligheidsbewus te wees. My vraag is dus aan die versorger van die dame, HOEKOM WAS DIE VEILIGHEIDSHEK NIE GESLUIT NIE??? Baie keer sê die familie en die pasient wat hulle wil he, maar as versorger behoort ons gesonde verstande te he oor veiligheid.

ANONIEM ·

VEILIGHEIDSHEK WAS NIE GESLUIT NIE!!!!! HOE KAN N VERSORGER VAN N PLEK AF LOOP WAAR N VERLAMDE BEJAARDE IS EN NIE DIE VEILIGHEIDSHEK SLUIT NIE???? NEE EK VERSTAAN NIE……..

EK ·

Iets klink ook nie vir my reg nie. Moet haar bietjie onder vra.

Blom ·

Is dit net toevallig dat die bejaarde aangeval is juis gedurende die 40 minute wat die
versorger nie daar was nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.