Verlamde man erg geskend ná selfmoordpoging

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Parapleeg van die Groblersdal-omgewing in Mpumalanga het Maandagaand probeer selfmoord pleeg deur onder meer sy maag met ʼn mes oop te kloof en sy privaatdele af te sny.

Mercia Blake, bestuurder van Life24 Ambulansdienste, het gesê haar man, Clark en paramedici is na die toneel ontbied nadat die 37-jarige man ʼn veiligheidswag geroep het om hom te help.

Sy het gesê volgens haar man was dit een van die grusaamste tonele wat hy nog was. “Die man het ʼn groot deel van sy linkerbobeen uitgesny en sy maag erg oopgesny. Hy het sy privaatdele heeltemal afgesny en dit het op die bad se rand gelê,” het sy gesê. “Teen die tyd wat die paramedici ontbied is, het die man klaar ʼn groot hoeveelheid bloed verloor. Ons was net betyds op die toneel om hom te stabiliseer. Hy was by sy bewussyn toe paramedici daar aankom, maar hy het niks gesê nie.”

Volgens Blake het die man moontlik gekies om só selfmoord te pleeg, aangesien hy nie gevoel in sy onderlyf het nie en homself kon sny sonder om enige pyn te ervaar. “Ons vermoed hy het, toe hy homself klaar so erg gesny het, tot sy sinne gekom en die veiligheidswag geroep. Die veiligheidswag het sy ma gebel, wat hulp ontbied het. Ons word na baie selfmoordgevalle uitgeroep, maar ons het nog nooit so iets gesien nie.”

Sy het gesê die man sterk tans in ʼn hospitaal aan en is buite gevaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SNEL ·

Sjoe my hart is bitter seer om die berig te lees. Dat iemand so stukkend voel om so desperaat te wees om tot sulke drastiese stappe oor te gaan moet vreeslik wees. Hoop hy kry hulp sodat hy die lewe weer in kleur sien en dit gryp en vat en die beste maak van die hand wat hom uitgedeel is. Dit help altyd om met mense in dieselfde situasie as jy vriende te maak, want dan besef mens jy is nie alleen nie en so leer mens ook hoe om sekere goed te doen wat hulle al geleer het en dit dra mens ook as jy weet daar is iemand wat net soos jy sukkel en as die lewe jou druk dan kan jy jou weer optel en verder gaan met die gedagte van ander wat ook sulke hindernisse moet oorbrug. Dis nooit maklik nie, veral nie as mens eers die lewe as n volmaakte mens geproe het nie en die kleinste dingetjie waarmee mens sukkel kan jou op n dag net finaal knak, maar mense om jou wat jou ondersteun en help en as jy jou gedagtes reg ingestel hou, kan n groot rol speel om mens “staande” te hou in mens se situasie.

Zena ·

Sjoe! ek wou nou net se hoe kon hy so iets aan homself doen. Jammer hy moes aan so iets dink. voel regtig jammer vir hom. dit moet verskriklik wees om te voel jys niks werd as jy verlam is. maar moenie moed verloor nie. daar is nog hoop. hoop hy sterk gou aan en dat hy weer lus vir die lewe sal he. Hy moet net vasbyt.

Yvonne ·

Agge nee! Ek kan my kwalik die emosionele pyn indink wat hierdie arme man na so ‘n verskriklike daad gedryf het. En hy bly klaarblyklik alleen? Eensaam? Nee, ek gaan bitter moeilik slaap vanaand. Ek was vandag so verpletter omdat my enigste geliefde boetie na Engeland emigreer en nou kry ek skoon skaam daaroor in die lig van soveel lyding. Ekhoop hy herstel en dat hy die nodige hulp en ondersteuning sal kry.

Eliza-beth ·

Voel ook jammer vir hom. Hoop hy kry emosionele ondersteuning van IEMAND. Hierdie tyd van die jaar veral raak mense so moedeloos en voel eensaam en uitgeworpe en verstote… wens ek kan elke eensame/oue/sieke elke dag ‘n vet drukkie gee.

Michelle ·

Hy was in ‘n motorfiets ongeluk wat hom parapleeg gelos het…..dit was vreeslik…hy kon net nog nooit vrede maak daarmee nie. Kry hom soooo verskriklik jammer.

Susan ·

Ja, dit is baie hartseer om dit te hoor. Sterkte aan sy ma en suster wat hom nog altyd bygestaan het. Ons sal seker nooit weet wat daardie aand deur sy gedagtes gemaal het om so ‘n drastiese stap te neem nie. Gelukkig is daar nog lesers wat verstaan en wat simpatie het met hom en waardeer hy gaan, maar daar is tog mense wat lus het vir vinger wys en beskuldigings rondslinger. So as jy een van hulle is tel jou seeninge een vir een en bid dat so iets nooit in jou familie of vriendekring gebeur nie, want dit is regtig ‘n hartseer wat nie vinnig weg gaan nie. Bid vir sy hom en sy moeder hulle het dit nodig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.