Verlamde vrou lê hulpeloos terwyl man vermoor word

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Bejaarde vrou van Parys in die Vrystaat wat volgens die polisie aan ʼn rolstoel gekluister is, moes dié naweek hulpeloos toehoor hoe ʼn onbekende groep aanvallers haar man vermoor.

Sers. Mosili Ntsika, woordvoerder van die polisie, sê ʼn 77-jarige man en sy 76-jarige vrou het Sondag ná middernag wakkergeskrik van ʼn geluid binne hul huis. Die aanvallers was glo reeds binne die egpaar se huis nadat hulle deur die kombuisdak toegang verkry het.

Ntsika sê die bejaarde man het gaan ondersoek instel en is deur die rowers oorval en met ʼn skerp voorwerp gesteek. Hy is op die toneel dood.

Sy sê op navraag van Maroela Media die vrou was “hulpeloos” toe die rowers haar man aangeval het. “Sy is gedeeltelik verlam en kon glad nie beweeg of uit die bed uit opstaan om hulp te verleen of weg te probeer kom nie,” sê sy.

Die egpaar se bure het glo die polisie ontbied nadat die huis se alarm afgegaan het. “Die man se liggaam is later in die sitkamer van die egpaar se huis aangetref. Hy het kopwonde gehad,” sê Ntsika.

Die polisie wou nie in dié stadium meer inligting bekend maak nie. Die 77-jarige man word deur talle op sosiale media as Pierre Lotz, ʼn oudskoolhoof, geïdentifiseer.

Dit is nie duidelik of enigiets in die voorval gesteel is nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Sake van moord en huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

D V ·

Die minderheid word soos kreminële afgemaai.
Maar God die Heer sluumer of slaap nie. Voor ons, ons oë uitvee
Is reding daar!!!
Mag God die Heilige Gees se ryke seën oor al die familie en berusting kom. Ons bid dat die Heer al die bose van afweer en almal daardeur gerask is ryklik geseën eord!!!

Ella ·

Mnr die president gaan dit nou werklik so aangaan tot al die wittes dood is of teen wil en dank elders n heenkome vind? Wat nie maklik is nie, bygese.
Dis ons land ook, hier gebore en groot en oud geword.
Hoe kan dit net aangaan sonder enige veroordeling of woord van jou kant? Enige woord sal doen al is dit “voetsek” dan weet ons hoe dit is.
Of gee jy werklik nie om vir ons?

Netso ·

Die president lees nie Maroela Media nie! Gaan kyk hoeveel bo 70 jr net afgemaai word? Ons dae is om oud te raak in SA

Hobbo ·

Hierdie tragies se gevalle gebeur al te gereeld. As professionele rowers ‘n huis dophou, sal hulle ‘n rooftog beplan terwyl die inwoners nie tuis is nie. Soooo enige polisieman wat hierdie berig lees hoekom spreek ons hierdie nie aan as ‘n prioriteitsmisdaad nie. Julle hoef nie te wag totdat ‘n tydelike politikus sulke aankondigings maak nie. Gebruik die wet om op te tree. Hierdie ou mense se waardigheid word van hulle ontneem. Waar is ons respek vir grysheid? Iemand binne die bestel beter durf aan die dag le en begin optree.

m.d.r. ·

Volgens hierdie berig : ‘n GROEP aanvallers teen twee ou mense, een gedeeltelik verlam—–Die dapper helde wat in groepe aanval….

Die hoeveelste aanval was dit…vir vanjaar…..?

Dit skreeu ten hemele …..en die President ly aan larengitis…..?

Andre ·

En onse rampokker Polisie Minister Bheki Cele vind dit beter om almal anders te gaan besoek wat n familie lid verloor. Mense op plase moet meer paraad wees. Hoe kan ons die mense help?

Prof Albert Basson ·

Moord moord moord en nogmaals moord. Hoekom is daar in Botswanna ons buurland slegs een moord n jaar? Want die doodstraf skrik hul af. Ou mense en mense op plase moet hul sekuriteit verskerp. Ons kan nie meer net so uitgemoor word nie. Tronkstraf is geensins n afskrikmiddel nie.

Alida ·

Liewe Here die duiwel is los. Gelukkig het die alarm afgegaan anders het arme tannie ook gesterf. CR se oe moet oopgaan dis nou of nooit.

Marlene ·

Deur die kombuisdak!! Hoe moet ons onsself nog meer beskerm, alarms help nie eers meer nie. Hierdie gaan nie stop nie….dis erger as oorlog.

Rosa ·

Mense hulle kom deur die dakke. Hoe beveilig jy die dak? Enige idees asb

Veritas ·

Rosa, jou beste alarm is ‘n Jack Russell hondjie wat in die huis slaap. Dit is beter om soggens sy glipsies skoon te maak as om verras te word.

TDW ·

Rosa, mens kan sensors in die dak sit wat permanent aan is, en dit eers af sit wanneer jy in die dak moet klim.

Slim Idee ·

Om n dak te beveilig (indien n spitsdak) is baie maklik indien jy n alarms stelsel in die huis het. Omdat die dak binne relatief oop is, is 2 infrarooi sensors (passives) wat aan jou bestaande alarm sisteem gekoppel word, gewoonlik genoeg om enige beweging in die dak op te tel.
Ek gebruik selfs ‘n funksie deur die nag, wat buite sensors, vertrekke wat nie gebruik word en ander areas soos buite geboue asook die dak insluit deur die nag op my sisteem.

Maris ·

Mag ek asseblief versoek dat julle jul artikels wat met hierdie tipe onderwerpe tedoen het, in Afrikaans én Engels publiseer? Ons versprei dit wêreld wyd en buitelandse lesers verstaan nie Afrikaans nie. MM is een van die min betroubare nuusbronne en buitelandse belangstelling is besig om toe te neem. Byvoorbaat dankie.

asb ·

Dankie TWD
STERKTE vir die tannie wens so ek kon haar
net vashou en drukkie gee.
Here troos die mense asb
ons rou elke dag
Vergewe die liefdeloses. asb.

Wynand ·

Soos CR gese het. Elke nou en dan stel ons die pot warmer. Hulle sal wel kook

SNEL ·

Ai, wie gaan nou die arme tannie help. Wat gaan nou van haar word, waarheen nou. So erg om so hulpeloos te voel en dit alles deur te maak. Mag die Here haar dra en krag gee deur die tyd.

JM ·

Sensors in die dak gaan nie help nie want dan wag hulle net vir beurt krag dan klim hulle in.

Bekommerd ·

JM – Indien jou alarm nie tydens kragonderbrekings werk nie, het die installeerder jou verneuk, of is jou battery daarmee heen…
n Normale alarm sisteem se battery kan gemiddeld tot 24 uur funskioneer op sy battery.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.