‘Verlammend dronk’ motoris vasgetrek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Motoris wat Sondag vir dronkbestuur in hegtenis geneem is, was glo só erg onder die invloed dat polisiebeamptes gedink het hul blaastoestel is foutief.

Die man wat in ʼn padblokkade in Lingelethu-Wes naby Kaapstad in hegtenis geneem is, se bloedalkoholvlak was meer as 11 keer die wettige perk. JP Smith, burgemeesterskomiteelid van veiligheid en sekuriteit, het gesê verkeer- en metropolisiebeamptes moes die man uit sy voertuig help. “Dit is werklik skokkend. Die motoris was eenvoudig in ʼn verlammende toestand van dronkenskap,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat die man heel waarskynlik nie op sy eie gekuier het nie, wat hom laat wonder hoe enigiemand kon toelaat dat hy in só ’n toestand agter ʼn stuurwiel inskuif. “Hoe kan ons ooit gedrag verander en ons samelewing veiliger maak as mense dink dit is aanvaarbaar om só baie te drink en dan nog agter ʼn motor se stuurwiel in te klim?” het hy gesê.

Volgens Smith was die man een van 32 motoriste wat in die padblokkade in hegtenis geneem is. Nog 12 motoriste is dieselfde dag in ander padblokkades in hegtenis geneem. “Een van die bestuurders was in nóg meer moeilikheid toe sy pa by die polisiestasie opdaag en uitvind sy seun het sy splinternuwe Audi gebruik om [aan ʼn straatwedren] deel te neem sonder sy medewete,” het Smith gesê.

Ander bestuurders is in hegtenis geneem vir dronkbestuur, nalatige en roekelose bestuur, dwelmbesit en die onwettige besit van ʼn vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Leeutjie ·

Debs wat ek nie kan verstaan nie is dat in sy benewelde toestand hy nie kon dink dat hy nie in staat is om te bestuur nie! Waarom ook kon sy drinkmaters hom nie keer nie? Dit gebeur so baie dat mense dronk ‘n drinkplek verlaat en dan lewens vernietig met dronkbestuur. Waarom word daar niks daaraan gedoen binne die kuierplek nie? Is daar nie ‘n herstelkamer in ‘n kroeg waar so ‘n bestuurder (sonder sy motorsleutels) kan vertoef totdat hy wel in staat is om te bestuur nie? Hou hulle binne in die restaurant totdat hulle nugter is! As hulle nie wil gehoor gee nie, bel die polisie dat hulle in die selle slaap… Voorkoming is beter as genesing.

Christie ·

Die klag van bestuur onder die invloed van alkhol en handel in dwelms moet verander word na poging tot moord

Winston ·

As jy nie kan sien so n man is diep gesuip nie, moenie jou toestel betwyfel nie, laat toets jou oë en neus. Hang n klagstaat om sy nek van poging tot moord tot by dronkbestuur.

Chris ·

Julle moet een ding verstaan. Hoe dronker ‘n persoon word, hoe mooier, slimmer en beter word hy en sy reaksies. dUs, hy is !000% instaat om veilig te bestuur….

arie plaasboer ·

Ek is nogal sinies oor botsings waarby oormatige gebruik van drank by kom.
Volgens media stats wat ek gesien het beloop dit digby 50% van motoriste.
My SIENIESE afleiding is dat jy maar kan drink voor jy in jou motor klim.
IEMAND gaan dronk wees as daar `n botsing tussen twee voertuie sou kom.
As dit dan nie jy is nie is dan is die ander party.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.