Verlate diere geskut ná nog ʼn noodlottige ongeluk

Argieffoto

Altesaam 43 diere is oor die Paasnaweek in die Oos-Kaap geskut.

Dit terwyl daar nog ʼn noodlottige ongeluk plaasgevind het toe ʼn motor Dinsdagaand ʼn bees getref het.

Charles Bramwell, provinsiale verkeerswoordvoerder, het gesê een man is dood toe ʼn Audi A3 die dier getref het op die R63 tussen Alice en Middledrift. Twee ander mense insluitend die bestuurder is ernstig beseer en na die Grey Hospitaal in King William’s Town geneem as gevolg van die ernstige aard van hul beserings.

Volgens Bramwell was die verlate dier en hoë spoed die oorsaak van daardie ongeluk.

ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Volgens Bramwell het provinsiale verkeersbeamptes tussen Donderdag en Dinsdag sowat 15 500 voertuie deursoek, en 163 voertuie is ingesleep omdat dit nie padwaardig was nie.

14 motoriste is vasgetrek vir dronkbestuur terwyl 29 ander vir ander aanklagte in hegtenis geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peet Schabort ·

80 km/h in die nag in Namibië was tweekeer my redding met koedoes.

MissDemeanor ·

Ons het ‘n noue intkoming gehad met n bees in die pad, hierdie paasnaweek naby Hazyview. Ek is so bly ons het ongedeerd daarvan afgekom.

snoefie ·

dan moet jy die beeste in die pad sien rondom graskop en pilgrimsrus. die sapd trek skouers op. die ou dorpies het geen hersteldienste nie. jy is gestrand as jy daar teen n bees vasry tot hulp van Nelspruit kom. hoekom word die gemeenskap toegelaat om daardie beeste, bokke en varke aan te hou om n gevaar vir padgebruikers en tog sekerlik n ergenis vir die gemeenskap te wees? ek bly maar ver uit die laeveld weg.

Willie ·

Want daar is nie meer wetgewing nie…dit is hoekom.. in die ou dae was jou diet geskud as hy sy kop duer die heining gesit het… nou is drade weg, hulle besit beeste wat vrylik rondloop, ents…

Wette ·

Daar word nie meer opgetree teen mense wie se beeste op die pad loop nie. Gaan kyk gerus in KZN hoe loop die beeste en bokke oor die pad, op die pad, teen die pad .. niemand tree teen hulle op nie want dit is die ‘opkomende’ boere se vee. Daar is geen wetstoepassing nie .. die mense wat stalletjies op die highway kom opslaan verkoop te lekker hulle goedjies daar en die metrocops stop daar om vir hulle ook ietsie te kry . .die bees bulk in die agtergrond en die bokkie bler op die geelstreep. .. DAAR IS GEEN WETSTOEPASSING meer in SA nie, VERAL nie teen die massas nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.