Verlate ‘handsak-baba’ sterk goed aan

Konst. Nomsa Mashaba besoek die babadogtertjie Donderdag in die hospitaal (24 Januarie 2019). Foto: Verskaf

Die babameisie wat Maandagaand in ʼn handsak op ʼn sypaadjie in Jorrissenstraat in Sunnyside in Pretoria gevind is, se toestand het sedertdien aansienlik verbeter.

Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes het weer vanmiddag die baba, vermoedelik ongeveer drie weke oud, in die hospitaal besoek. Sy word steeds in ʼn broeikas in ʼn Pretoriase hospitaal behandel nadat sy van ʼn gewisse dood gered is.

“Die baba se toestand het aansienlik verbeter sedert sy gevind is,” sê Mavimbela. Dit is nie duidelik hoe lank sy nog in die hospitaal sal moet aansterk nie.

Intussen is die polisie op soek na ʼn vrou genaamd Lebogang Botolo wat hulle glo hulle sal kan bystaan met inligting in hul ondersoek. Mavimbela het ʼn beroep gedoen op enigiemand met inligting oor waar Botolo haar bevind, om dit by ao. Gerard Henning by 071 675 7489 of die naaste polisiestasie aan te meld.

“Ouers wat nie hul pasgebore babas wil hou nie, word aangemoedig om gebruik te maak van die twee ‘babamandjies’ wat 24 uur van die dag, elke dag van die week, op die hoeke van Spuy‑ en Vosstraat, en Steve Biko- en Jorrissenstraat beskikbaar is,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

GRIET ·

? dis tragies…armearme kindtjie!
STERILISEER liefs éérder,VÓÓR jy arme ñ onskuldige baba verwek,mishandel
of wegsmyt..!!!! ??

Lizelda ·

Ja… hierdie tipe dinge sal ek nooit kan verstaan nie. Daar is net nie n verskoning of rede nie, want die ma kon die baba na so baie plekke vat as sy nie meer die kind wil he nie, maar vir dood in n handsak agterlaat???

MS ·

Soveel paartjies wat smag na ‘n baba… Mense se altyd – neem dan aan, maar weet hulle hoe moeilik die regering dit maak om kinders aan te neem? En dan is daar vroue soos die een, wat haar kleine baba sommer weg gooi. Die lewe is nie regeverdig nie.

jakes ·

Die mans wat hierdie vroue swanger maak moet lewenslank tronk toe gaan, die probleem is dat oor 10 maande is die vroue weer swanger dan word nog n kind iewers in n sakkie agtergelaat. Daar moet maar op elke straathoek n “babamandjie” geplaas word want 2 is nie naastenby genoeg nie.

Ai tog! ·

Hoekom moet die mans tronk toe gaan, wie het gewillig saam die 5 min lekker gehad?

GM ·

Ek is bly daar is inisiatiewe waar mense veilig hulle kinders kan ‘drop’ as hulle nie hul kinders wil hê nie, maar ek glo die probleem moet VOOR daardie punt al aangespreek word. Daar word die idee geskep dat dit ‘okay’ is om maar jou kind in die mandjie neer te sit. En oor ‘n jaar, is daardie selfde vrou dalk weer daar.

Voorbehoeding is oral beskikbaar, maar mense moet hul hele dag by die kliniek spandeer, en dan dalk nog hoor hulle moet vlg week terugkom. Ander is weer net agter die kindertoelae aan.
Hoe regeer mens ‘n land so in sy dinges in as daar soveel oplossings vir als is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.