Verlate huis as slaghuis gebruik

Die skape wat in die huis gevind is. Foto: Verskaf

Die skape wat in die huis gevind is. Foto: Verskaf

Twee mans is in Noordwes in hegtenis geneem nadat hulle glo gesteelde skape in ʼn verlate huis geslag het.

Sers. Kelebogile Moleko, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die inhegtenisneming volg op ʼn voorval Donderdagaand in die Khaukwe-nedersetting in Pudimoe, suid van Vryburg.

“Die gemeenskap het die polisie in kennis gestel van mense wat skape in ʼn verlate huis in die omgewing slag. Die polisie het op die karkasse van 10 skape in die huis afgekom. Die verdagtes het van die toneel gevlug,” het Moleko gesê.

Die polisie het ondersoek ingestel en twee verdagtes, wat onderskeidelik 18 en 25 jaar oud is, is Vrydag in die nedersetting in hegtenis geneem.

Die twee moet Maandag in die Taung-landdroshof verskyn op aanklag van veediefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Uiltjie ·

Slaghuis of slag huis? Dit lyk na n Groot bestselling – seker n bruilof of begrafnis?

Buitestander ·

Met die hoë vleis pryse sal die diefstal van veë sekerlik toe neem en boere moet maar bedag wees op die toename en veë maar in ‘n kraal laat slaap waar toesig is.

Peet J ·

Ek verstaan nie hoe veë in ‘n kraal kan slaap nie maar ek weet dat vee in ‘n kraal kan slaap.
Die prys van vleis het nie eintlik betrekking op vee diefstal nie want die diere word reg deur die jaar gesteel en as hulle nie kan steel nie dan vergiftig hulle ‘n mens se diere.Om skape /bokke aan te hou het baie finansiele uitgawes want jy kan nie siek diere wat behandel is eet nie so mense moet maar versigtig wees van wie hulle vleis bekom.

Johanna Botha ·

Mens kan sien die diere het al opgeblaas …dis net walglik !

M'Lady ·

Geen genade vir mens of dier in hierdie vervloekte land nie.

Asjas ·

Die prys van vleis het niks daarmee te doen nie. Hierdie is ou stories. Hoekom betaal vir iets as jy dit kan steel en dan nog geld maak deur ander se gesteelde goed te verkoop? 100% wins en geen risiko, behalwe soos genoem dat mense kan dood gaan as die dier onlangs behandel was of as jy nie weet die dier is siek nie maar dan weet ons ook dat mense lewens is niks werd in hierdie land nie.

Maria van Dieweeck ·

Selfde het gebeur met die Voortrekkers, toe trek hul, ons kan nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.