Verlate motor lei tot gru-vonds

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Polisiebeamptes het Donderdagaand ʼn gru-vonds gemaak toe hulle na ʼn toneel ontbied is waar ʼn motor verlate langs ʼn pad in Muldersdrift gevind is.

Ao. Matome Masedi, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is omstreeks 20:00 na Pretoriaweg in die Nooitgedacht-gebied ontbied waar ʼn Suzuki-voertuig langs die pad gelos is.

“Die beamptes was verras om te vind die motor was nie gesluit nie al was daar waardevolle items binne-in,” het Masedi gesê. Toe beamptes die kattebak van die voertuig oopmaak, het hulle die liggaam van ʼn 50-jarige vrou daarin gevind. Dit is nie duidelik hoe sy dood is nie.

Volgens die privaat veiligheidsmaatskappy, Drift Reaction, het een van hul veiligheidsbeamptes die voertuig Donderdag omstreeks 16:00 naby ʼn begraafplaas in die gebied opgemerk. Toe hy ʼn halfuur later terugkeer, was die voertuig weg. Hy het die voertuig later die aand weer opgemerk, waar dit hierdie keer langs die pad gestaan het en het die polisie ontbied.

ʼn Saak van moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Veritas ·

Muldersdrif is nie vêr van Krugersdorp af nie. Lyk my dit is mode daar rond om lyke in kattebakke te los.

Lance ·

Geen wet en orde nie …polisie tel net oral die stukke op ….niemand is eers bang vir die polisie ….useless !

Werner ·

My vriend, ALMAL is bang vir die polisie, maar ongelukkig nie vir die regte redes nie. Bang vir wat hulle aan jou gaan doen as jy wit is.

gmf ·

Hier in my gemeenskap saam ons sektor sal hul dadelik optree as n verdagte voertuig net stilstaan of verdag lyk en dank die Vader ons het nog nie so geval gehad nie

Cherokee ·

Nog niemand kon verduidelik hoe ‘n verdagte voertuig lyk.

KarooKlong ·

Dit is ‘n voertuig wat deur die Karoo beweeg met ‘n Deben registrasie nommer.
Gewoonlik ‘n Jeep.

Cherokee ·

Nou verstaan ek Klong vanuit die Karoo! Dit is verdag omdat dit vanuit ‘n spogbuurt in verdagte omgewing rond ry. Dankie vir die verduideliking.

Wat-ek-lees ·

Cherokee, ‘n verdagte voertuig is een wat stilstaan terwyl dit stadig beweeg.

Anna ·

Watse waardevolle artikels was in die motor? Dit lyk dus of sy om persoonlike redes vermoor is en dat die waardevolle artikels ‘n rol gespeel het in haar moord. Miskien as daar meer feite deurgegee word, kan mens iewers begin om verdagtes of moordenaars op te spoor. Daar is baie ‘verdagtes in voertuie’ in my voorstad en die meeste blyk by dwelmhandel betrokke te wees. Begraafplase en Kerke word dikwels as ‘n ‘veilige terrein’ beskou en die ruiling vind in die ry plaas. Kyk net mooi hoe dit gedoen word: Die een verdagte sit aan die bo-punt van die straat terwyl die volgende een voor die kerk parkeer. Dan ‘flash’ die een vir die ander een en siedaar so in die ry word die transaksie gedoen…….Ek beweer nie dis die geval in hierdie vrou se dood nie want dit lyk nie so nie, maar dis verdag dat daar waardevolle besittings in die motor was. As die sekuriteitsmaatskappy nie dit opgelet het nie, sou die waardevolle besittings tenminste ‘n paar uur later nie meer daar gewees het nie. Die Suzuki sou dalk gesteel gewees het en die vrou se lyk iewers langs die pad gelos gewees het. Ja, ‘verdagte motors’ en ‘vragmotors wat elke dag omslaan’ – word amper deel van die volksmond…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.