Verlengde inperking ‘laaste poging om staatskoffers te plunder’

Haniff Hoosen. Foto: DA

Die verlenging van die ramptoestand is net nog ʼn poging deur ʼn outokratiese regime om aan sy diktatoriale mag vas te klou en die laaste hulpfondse te plunder.

Haniff Hoosen, DA-woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake, meen die verlenging van die inperking het niks te doen met lewens red nie, maar alles met die ANC se onbelemmerde drang om Suid-Afrika se kwynende staatskas leeg te maak.

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede maand gesê die ANC is beskuldigde nommer een wat korrupsie betref. Al hoe groter woede laai die afgelope paar weke op namate inligting oor die toekenning van tenders, vir veral Covid-19-toerusting, aan die lig kom.

Ten spyte van toenemende oproepe dat die regering die afsonderingsregulasies wat in reaksie op die Covid-19-pandemie ingestel is heeltemal ophef, is die ramptoestand met nog ʼn maand tot 15 Oktober verleng.

“Dit is gedoen om uitvoering te gee aan die regulasies wat relevant bly om die verspreiding van Covid-19-infeksies te bestuur,” het die kabinet in ʼn verklaring gesê.

Hoosen is ook van mening dat die inperking nie langer enige doel het as om mense se lewensbestaan te vernietig en sakeondernemings op hul knieë te dwing nie.

“In plaas van ʼn verlengde inperking moes die regering maatreëls aangekondig het om die verlammende gevolge van die inperking op Suid-Afrikaners se lewens te verlig.”

Volgens Hoosen word daar verwag dat pres. Cyril Ramaphosa in die komende week aankondigings sal maak rakende die jongste stand van sake. Daar word verwag dat die land binnekort na vlak 1 van die inperking sal beweeg.

“Die president moet verseker dat alle sektore van die ekonomie sake kan hervat, dat die land se grense vir internasionale reis oopgestel word en dat die aandklokreël opgehef word sodat mense vrylik rond kan beweeg. ”

Dit is tyd om die irrasionele inperking te beëindig, benadruk Hoosen. “Suid-Afrikaners het geleer om met die virus saam te leef deur gehoor te gee aan Covid-19-gesondheidsprotokolle soos die dra van maskers en sosiale distansiëring.

“Ons het die virus nie deur die irrasionele inperkingsregulasies oorwin nie, maar omdat Suid-Afrikaners persoonlik vir hul gesondheid en veiligheid verantwoordelikheid geneem het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Persheks Adri ·

Enigste ramp wat ons getref het is die ANC! Ek sien steeds nie dat hy iets doen oor korrupsie nie net leë beloftes soos altyd.

#Tsek ANC, EFF, BLM en die res!

Jaco ·

Ná inperking volg die uithaal van wit mense uit die ekonomie. Ramaphosa het reeds kort vanaf inperking begin het, daarvan gepraat. So “geniet” maar die stilte voor die storm en die laaste dae van inperking met toe kerke, maskers en lang rye mense by winkels. Dis NIKS teenoor wat gaan volg: radikale ekonomiese transformasie met kwaai regstellende aksie, kwaai BEE en kwaai ander misdade teen wit mense; ALLES met die verskoning van “ons stel maar net die ongelykhede reg”

Dirk Mostert ·

Talle witmense het hul aan die neus laat lei deur liberale koerantredakteurs en “vir Ramaphosa” gestem in die vorige verkiesing. Ramaphosa is anti-wit!

annie ·

Wanneer het die woord ‘pes’ verdwyn en ‘pandemie’ die plek ingeneem? Is die oorsaak nie maar dieselfde nie? Volgens die Bybel was pes op die wèreld losgelaat toe mense afgewyk het van die regte en die verkeerde aangehang het. Duidelik glo mense nie die Woord nie, want niemand raak bang nie of preek vir inkeer en boetedoening nie, maar word dit eerder ‘n magtige wapen vir slinkse mense se eie gewin. Kan die uitloop voorspoedig wees?

Dirk Mostert ·

Pes of pandemie is irrelevant. Covid19 is niks erger as vorige jare se griep nie en is slegs deur regerings en dom media opgeblaas.

Kokerboom ·

Dat so ‘n klein groupie mense hul so die reg kan aanmatig om so ‘n massa mense onregmatig gevange te hou en die burgery aanvaar dit so gelate, gaan my verstand te bowe. Dus demokrasie is net op papier

Johanncb ·

Moenie Vlak 1 verwag as NDZ grendelgreep verleng het nie.

Keelvol ·

Die DA is soos leë blikke, maak die grootste geraas maar beteken niks. Ons gewone lands burgers betaal vir al die gemors.

Dirk Mostert ·

Johan, aangesien die DA nie regeer nie kan hulle nie die onnodige ramptoestand ophef nie. Jy is irrasioneel!

Dirk Mostert ·

‘n Fop-pandemie met politieke agenda hier en wereldwyd.

Hendrik ·

Dit is tyd dat die president die parliment opskort. Mense inplek kry wat die werk kan doen en nie korrup is nie en almal in die parliment moet aangekla word vir bedrog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.