Verlengde ramptoestand: ‘Ons sien julle in die hof’

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die regering kry omtrent die wind van voor oor sy besluit om die nasionale ramptoestand – wat al twee jaar lank geld –  met nóg ’n maand te verleng.

AfriForum veroordeel die besluit en sê hy gaan sy stryd in die hof voortsit om die ramptoestand te beëindig.

“Dit bewys net weer ons punt dat die regering geen planne het om ooit afstand te doen van die magte wat hy oor die afgelope twee jaar onder die dekmantel van ’n noodgeval gegryp het nie,” sê Jacques Broodryk, veldtogbestuurder by AfriForum.

Dié burgerregteorganisasie en Solidariteit het verlede maand hofstukke by die Pretoriase hooggeregshof ingedien waarin hulle vra dat die voortsetting van die ramptoestand ongeldig verklaar word.

“Ons sien julle in die hof,” lui Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), se boodskap aan die regering.

Mulder sê hy is hoegenaamd nie verras dat die ramptoestand met nog ’n maand verleng is nie aangesien die regering reeds aangedui het dat hy Solidariteit se saak gaan teenstaan.

“Dit is wel toenemend moeilik om hierdie verlengings as enigsins rasioneel te beskou. Ons weet nou al daar is regtig nie meer ’n ramp nie. Ons gesondheidsorg verkeer nie onder druk nie. Inteendeel, die lewe kan in ’n groot mate na normaal terugkeer.

“Dit lyk vir my redelikheid gaan nié op sy eie seëvier nie en ons gaan deur regstappe druk op die regering moet plaas sodat ons op ’n plek kan kom waar ons weer rasioneel dink oor Covid-19, die pandemie en die bestuur daarvan.”

Prof. Shabir Madhi, dekaan van Wits se Fakulteit vir Gesondheidsdienste, sê op sy beurt die regering se besluit om die ramptoestand te verleng is tekenend daarvan dat die bevelsraad geen begrip het van die pandemie nie en ook nie ’n duidelike doel voor oë het nie.

Madhi het al verskeie oproepe gedoen dat die ramptoestand opgehef word.

Volgens hom is die bevelsraad “op een of ander manier nog dwaas genoeg om te glo dat infeksies voorkom kan word.”

Madhi sê ook die besluit was “voorspelbaar” gegewe die regering se geskiedenis.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sê die verlenging van die ramptoestand is ʼn goeie voorbeeld van hoe slegte beleid ʼn lewe van sy eie kry.

“Dis ʼn belangrike herinnering vir ons hoe min vertroue ʼn mens eintlik in die tipe politici wat ʼn mens vandag kry, moet hê.”

Hy hou vol die verlenging van die ramptoestand is ongegrond en onwettig. Ook Sakeliga het hom reeds tot die hof daaroor gewend.

“Die enigste rede hoekom die staat tot dusver daarin slaag om die ramptoestand te verleng, is omdat hulle die masjinerie van die staat in hul guns gebruik; die tyd wat dit neem om ʼn hofsaak te wen, of hul eensydige arbitrêre magte wat hulle verkry deur hul eie interpretasies van wette en deur bloot hul politieke en burokratiese magte te gebruik.

“Sakeliga is gekant teen die verlenging van die ramptoestand. Ons is gekant teen die handhawing van maskers en enige ander verpligte maatreëls wat ʼn persepsie van ʼn ramp in stand hou. Daar is geen ramp in Suid-Afrika nie, daar behoort geen ramptoestand te wees nie.”

Die Wes-Kaapse premier Alan Winde veroordeel ook die regering se verlenging van die ramptoestand. “Dit is onaanvaarbaar en pres. Cyril Ramaphosa skuld Suid-Afrika ʼn verduideliking,” meen hy.

Randall Williams, burgemeester van Tshwane, glo ook dat die verlenging van die nasionale ramptoestand “totaal irrasioneel” is.

“Daar was geen konsultasie oor hierdie aangeleentheid nie. Dit is diep frustrerend dat die nasionale regering voortgaan om die ekonomiese herstel en groei in die land ná Covid-19 te belemmer,” sê die burgemeester.

Broodryk meen daar is geen rede om die ramptoestand te verleng nie “tensy jy ʼn magsbehepte politikus of een van die talle korrupte individue is wat voordeel trek uit noodverkrygingsonreëlmatighede”.

AfriForum stel dit in sy argumente dat daar tans geen ramp is nie. Volgens die organisasie regverdig die huidige aantal Covid-19-verwante hospitalisasies en sterftes nié die “voortgesette onderdrukking van burgers se vryheid nie”.

Le Roux herinner ook daaraan dat die ekonomiese skade wat die ramptoestand die land aandoen blywend is. “Dit is onaanvaarbaar dat die regering daarmee voortgaan”.

Rampspoedige leierskap

Die National Freedom Party sê die verlenging van die ramptoestand is ʼn aanduiding van ʼn land met “rampspoedige leierskap. Weens die afsonderingsregulasies is miljoene mense hul werk en inkomste kwyt.

“Vier en twintig maande later dink ons rampspoedige regering dit steeds goed om die nasionale ramptoestand te verleng en duisende mense in ʼn algehele en onnodige afsondering te plaas,” sê Canaan Mdletshe, sekretaris-generaal van die party.

Die party vra mense om steeds voorsorgmaatreëls te tref, maar nietemin aan te gaan met hul lewe.

“Duidelik het ons ʼn rampspoedige leierskap en onbevoegde regering wat verbysterende besluite neem.”

Mdletshe sê die jongste verlenging moet verontagsaam word en alle bedrywighede moet hervat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Swerwer ·

Daar bestaan nie ‘n woord soos redelikheid in die ANC se woordeskat nie, magsmisbruik ja. Wonder maar net watter genot put hul uit hierdie voortslepende verdoeming van ons land.

Kobus ·

Ramaposa het geen sê nie , kan of wil ook nie leiding neem nie. Sy bestuursteil is om dit aan die howe oor te laat om namens hom te besluit. So beskerm hy homself teen ongewildheid in sy eie party en ons burgers. Dan kan hy terugsit en sê dis die hof se besluit…………….”en ek respekteer ons regstelsel”

Danny ·

Dankie tog vir organisasies soos Afriforum wat ons klein stemmetjies vat en saamgooi om een STEM te vorm! Ek stem volkome saam met hul nosie!!!!! Tyd dat ons voet neergesit word en daar bly. Die houvas wat die regering probeer afdwing EN m.b.t. verpligte enting is al ou nuus. Die tyd is NOU vir ons om saam te staan en bietjie ons verpligtinge neerlê.

Vlooitjie ·

Dit help nie ons wag vir “organisasies” om vir ons te veg nie, die mense moet begin voet neersit hulself. But then again, vrees is ‘n handige instrument om mense te manupileer.

Pieter ·

Die enigste rede is omdat die regering die lenings wat aan die land toegestaan is, moet begin terugbetaal sodra die ramptoestand opgehef word……dus koop hulle tyd solank hulle kan!

Anel ·

Hhop net hulle gaan voort met hofsaak al gebeur ‘n wonderwerk en die toestand word opgehf. Dit sal wees om te voorkom dat dit in die toekoms weee kan gebeur. Daar groter rampe op die oomblik wat aandag kort, soos die droogte in die Oos Kaap, of die sprinkaanplaag, of wat van moorde en verkragtings en staatkaping?!!!!

Harley Davidson ·

Weg met die ramptoestand,en alles wat daarmee gepaard gaan

Vlooitjie ·

Maar meeste mense vat maar nog steeds hul maskertjies ooral saam

Karen ·

Wel, as mens nooi gaan dink is ons land in ñ ramp toestand ja. Mense het nie werk nie, mense het nie geld nie, alles word afgebrand of geplunder. Daar is nie meer ñ ekonomie nie

AH ·

Het nou die dag probeer. Is gevra om masker op te sit of die perseel te verlaat…..

Andre ·

Lamsakkige rugraatlose regering . Hulle is onbevoeg en sleg in alles wat hulle doen.

JohanR ·

Net die dag voor AfriForum hof toe gaan sal die ramptoestand verby verklaar word. Ouma NDZ en die ANC doen die sort ding al vanaf 26 Maart 2020……weet nie of hulle lekker kry! @Voertsak NDC, @Voertsak ANC!

efjy ·

Hierdie land benodig leierskap, moed om besluite deur te voer en “common sense” deur persone in beheer. Niks meer nie.

Sarie ·

Lots of luck. Instruksies kom van baie hoër as kopdoek en eekhoring. Hulle geniet net die tydelike “high”

virginia ·

Hoekom moet ons verder na die regering luister. Laat ons almal saam staan ( weg met die maskers) en neem ons lewe weer terug.

Sheree ·

Maklik… moet net nie meer maskers dra nie. Dis is ‘n bogspul en so onnodig. Maar sodra die ramptoestand nie verleng word nie moet ANC die R5biljoen terugbetaal.. Te veel van ‘n toeval as jy my vra. Ons ken mos nou al.

Pietertjie ·

Ek wonder of dit selfs met geweld moontlik gaan wees om die kaders van hulle magsbeheptheid te laat afsien. Die Franse guillotine het destyds wondere verrig.

Kleintjie ·

dit gaan net oor geld.hoe langer hul dit kan uitstrek hoe langer maak dit hulle sakke vol sonder tax. want hoe anders dan? watse ander rede is daar? die enigste rede sou ek se is GELD!!!

Marshall ·

Do these irate gentlemen expect rational thought from a population with a mean IQ of 69? Those intelligent individuals who know the relevant academic studies predicted irrational and dysfunctional government from Mr De Klerk’s multicultural fantacy. As Newton stated, the highest level of proof of the correctness of a hypothesis is its ability to accurately predict future observations. It is time that the cause of the incessant irrationality and chaos we see in Africa was understood. Only then will a meaningful SOLUTION result.

Jacques ·

I think the word you’re looking for is “theory” not hypothesis…..

marius ·

Hoe gaan die spul andersins hul kloue in die belasting betaler se geld inslaan ? Dit sal nooit verander nie ….

melaney ·

Die anc gaan daardie hofsaak uitrek tot 15 April 2022. En dan gaan hulle dit weer uitstel to 15 Mei 2022. Die hele land is keelvol. Indien alle burgers die ramptoestand sou ignoreer, sal die anc moet kennis neem.

Roebs ·

Die enigste ramp is ons regering. En dit is in ‘n toestand.

Manie ·

As die regering dan nie die onnodige ramptoestand wil ophef sonder om ordentlike rede daarvoor te gee nie, moet die publiek dit eenvoudig self ophef, so eenvoudig soos dit. Hulle kan nie 60 miljoen mense arresteer en aankla nie.

Gerdus ·

Hulle is verseker reg in hulle besluit!!!!!!
Ons is al in ‘n ramptoestand sedert 1994.

Jacques ·

Maak die Nasionale Ramptoestand nie sekere fondse beskikbaar nie?

Nou maar waarom sal die ANC ooit weer daardie deur wil toemaak?

Die parasiete het bloed geproe, en daars nou geen keer meer aan hulle gulsigheid nie.

Papsak ·

Wie is die ramp toestand in die land die hele klomp ANC. RAMAPOSA. KOPDOEK EN AL DIE GEBROEIDSELS DIT IS RAMP TOESTAND los laat ons normaal weg aan gaan met ons lewens vat weg maskers en ja dit sal beter gaan gee gas AFRIFORUM staan vas ons staan saam julle

Moedeloos ·

Die kopdoek tannie moet n slag in die strate gaan rondloop en kyk hoe tree OUR PEOPLE op. Geen maksters, geen distansie, geen maniere nie maak sommer van die straat n toilet. Dan wil sy kom septer swaai. Tyd dat hul uit hul glashuise kom en kom kyk hoe donker dit buite is.

Sarie ·

Ek is seker jy het joumaskertjie aan. Ek hoop so. Anders word jou gesig gesien

Willem ·

Daar is geen ramp in Suid-Afrika nie, daar behoort geen ramptoestand te wees nie.” Verkeerd. Daar ís ‘n ramp in Suid-Afrika. Die ramp se naam is ANC.

Johanna ·

Sy en Ceril is te lui om hulle werk te doen. Wat s nou makliker as om te se die sogenaamde ramp word met nog n maand verleng. Rubber stamps. Die ou- dame moet by haar huis gaan bly.
As sy begin praat wil ek die TV afsit.
Hoe oud moet jy wees voordat jy besef jy is nou heeltemal te oud.

Vlooitjie ·

Ek stem volkome saam jou, maar die mense mor net onder mekaar oor alles maar is te bang om dit deur te voer. As ek nou by ‘n winkel instap en iemand raas oor my masker loop ek uiy

Jan ·

Waar was die koor die afgelope 2 jaar van onsinnige en rampspoedige lockdowns.
Foeitog

Sarie ·

Daar is wragtig nog mense wat dik dit gaan oor geld. Die kaders het van 94 n oorvloed. Hierdie is ctrl + alt + del. Die kaders besef nie hulle gaan eerste waai nie.

JM ·

Daar is weer iemand wat te lafhartig is om hom te identifiseer, maar na hartelus die “af bekkie” merk!

LANA is ELANè ·

Dit gaan slegs oor mag en beheer dit is al, die rampokkerstaat kan nou maak en breek nes hulle wil onder die dekmantel van ñ sg pandemie wat hulle, politici, ñ ramptoestand noem.
Ek het vir geen oomblik gedink die regering gaan die mag en beheer wat hy oor die hele land se mense het, sommer netso oorgee nie.

Jacobus ·

Ons moet nie asem ophou dat die regter in Afriforum se guns sal beslis. Soos met vorige sake, gaan die regter aanvoer dat hy nie toegang het tot die inligting wat die minister het. Daar behoort kundiges, assesore, deur die regter aangestel te word, om hom te adviseer oor dit waarvan hy nie kennis dra, dit help niks jy het ‘n vol bank regters, wat niks van ekonomie òf gesondheid weet nie.

Jack ·

Die kremlin lakeie gaan maar net voort om te doen wat hulle die beste ken: korrupsie en selfverryking

Genis ·

Die Kaders maak geld hieruit, en wil nie die miljarde terug betaal nie… Hulle sal aan mag probeer vasklou ten koste van die burgers… Dis tyd ons saamstaan en se genoeg is genoeg…

Delia ·

Ons het n ramp in SA, maar dis nie meer COVID nie. Dis die onbevoegde regering

Furds ·

Alles pragtig en goed en wel, ons sien jou in die hof…Hoe lank gaan dit vat om jou daar te kry in die hof? 6 maande? EN intussen gaan ons maar net elke maand nuus kry dat die ramptoestand verleng gaan word, so kap ons aan en word uitgebuit. Op ander noot, ALMAL weet nou al dat kom April paasnaweek gaan almal weer ingehok word want dan is dit 20ste vlaag op ons….REGTIG????

donsie ·

Wat ek nou gaan se gaan my seker in die sop bring by baie lesers maar, ek het nie ‘n probleem met die level 1 nie, want dit hou die ongewenste mense wat my perseel wil huur vir ‘n sport byeenkoms weg, ek gooi net level 1 voor. die dra van maskers is ook nie regtig ‘n probleem nie, want wees eerlik, jy sit hom tog maar net op as jy by die winkel ingaan, verder dra jy hom nie meer nie. die feit dat begrafnisse nog steeds net 100 mense mag wees is ook goed, want genade het julle al van daardie groot begrafnisse bygewoon waar daar tot 700 mense bymekaar is vir 2 tot 3 dae en die geprekery en drinkery en etery, nee hel man wat te erg is is darem te erg. so ek hoop die level 1 bly nog tot einde van die jaar.

Jasper ·

Covid 19 maatreëls is maar net nog ‘n melkkoei van die Association of National Corruption om geldjies vir al die Cadres in te vorder

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.