Verlengde ure vir binnelandse sake

Argieffoto

Die departement van binnelandse sake het sy bedryfsure daagliks tot 19:00 verleng ter wille van die verwagte toename in die aanvraag na dienste voor die skole oopmaak.

Die nuwe kantoorure geld vanaf 2 Januarie tot 10 Januarie. Die kantore bly oor naweke gesluit.

“Aan die begin van elke jaar is daar ʼn toename in die aanvraag na dokumente soos slim-ID-kaarte en paspoorte, geboorte- en sterftesertifikate en wysigings,” het Siya Qoza, woordvoerder vir die departement, in ʼn verklaring gesê.

Die departement sal seker maak dat almal gehelp word wat voor sluitingstyd reeds in die kantoor is. “Kantoorbestuurders en toesighouers sal hul diskresie kan gebruik om die kantoor 30 minute voor die tyd reeds te sluit, afhangende van die hoeveelheid persone wat reeds in die kantoor is, om seker te maak dat beamptes steeds die nodige werk teen 19:00 kan afhandel.”

Die departement moedig persone aan om so vroeg as moontlik by die kantore aan te klop om hulp.

“Ons hoop dat die verlengde kantoorure persone ook in staat sal stel om hul slim-ID-kaarte af te haal indien hulle nog nie kans gehad het om dit af te haal nie. Die departement is besorg oor die getal slim-ID-kaarte wat nog nie afgehaal is nie nadat persone daarvoor aansoek gedoen het.”

Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het ouers gelukgewens met Kersfees- en Nuwejaarsbabas en hulle aangemoedig om die kinders se geboorte binne 30 dae by die departement van binnelandse sake te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.