Verlenging toegestaan vir kommentaar op ‘omstrede’ wetsontwerp op grondbesit

plaashek-pexels

Foto: Pexels.

AfriSake het Maandag bevestiging van die departement van grondhervorming en landelike ontwikkeling ontvang dat die tydperk vir openbare kommentaar op die Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit van 30 dae tot 60 dae verleng sal word vanaf die datum van eerste uitgawe op 17 Maart 2017.

Dit beteken die publiek het tot en met 17 Mei 2017 om deur die inhoud van die Wetsontwerp te gaan en kommentaar daarop te lewer. Die departement het bevestig dat die kennisgewing vir verlenging op 13 April 2017 in die Staatskoerant gepromulgeer gaan word.

“Dit is ’n groot sukses vir beide plaaslike en buitelandse landbougrondeienaars wat tot op hede steeds nie van die Wetsontwerp se bestaan of die inhoud daarvan bewus is nie. Ons moedig die publiek wat deur die Wetsontwerp beïnvloed gaan word daarom aan om hul kommentaar voor die sluitingsdatum van 17 Mei 2017 in te dien,” sê Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake.

Die publiek kan voorlopige kommentaar op die Wetsontwerp op AfriSake se webtuiste verkry en indien. Volg hierdie skakel: http://afrisake.co.za/do-white-landowners-also-have-rights/.

Maroela Media het vroeër berig die vakbond Solidariteit is ernstig besorg oor die voorgestelde wetsontwerp wat deur die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming vir kommentaar gepubliseer is. Die wetsontwerp bevat onheilspellende en nadelige tekens in soverre dit die sekerheid van privaat besitreg in Suid-Afrika aangaan.

“Indien dit bekragtig word soos wat dit tans daaruitsien, sal die wetgewing neerkom op die de facto- en outomatiese onteiening van landbougrond wat deur middel van burokratiese prosesse vir herverdeling bestem is,” waarsku Gerhard van Onselen, ekonomiese navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SRI).

“Huidige eienaars van gedeeltes van landbougrond wat buite sekere aangewese plafonne van eienaarskap val, sal afgesien van ’n paar opsies, weinig keuse hê anders as om vir alle praktiese doeleindes in te stem tot gedwonge verkoop of om onder onteiening deur te loop.”

Van Onselen het voorts gesê dat die kategorisering van sekere klasse ekonomiese bates vir outomatiese onteiening en herverdeling ’n gevaarlike en onverstandige presedent skep. “Dit sal waarskynlik reuse-onsekerheid en ernstige ondermyning van investering in en die uitbreiding van landboukapitaal tot gevolg hê, wat uiteindelik verbruikers sal benadeel. Wat nog erger is, is dat dit dui op die oopmaak van Pandora se kissie om privaat besitreg oor die algemeen te ondergrawe.”

Van Onselen het bygevoeg dat daar ernstige vraagtekens hang oor die regering se aktiewe verbintenis tot alle Suid-Afrikaners se privaat besitreg as hy so ’n grootskaalse en growwe ingryping voorstel. Boonop stuur die voorgestelde ontneming van buitelanders se huidige eiendomsregte wat landbougrond betref, ’n kommerwekkende sein aan buitelandse beleggers.

“In die lig van die enorme huidige politieke onsekerheid, die nasionale begroting en swak beleggingstendense in die privaat sektor is dit ’n roekelose en onbesonne houding om beleid, wat buitelandse belegging vir seker sal onderdruk, te wil implementeer,” het hy bygevoeg.

“Ook kommerwekkend is die regering se oënskynlike offensief om talle buitegeregtelike instellings, wat oor omvattende magte beskik, in die lewe te roep wat daarop uit is om markvryheid verder deur toenemende burokrasie onder leiding van die staat in te kort. Die voorgestelde grondkommissie is net nóg so ’n burokratiese instelling wat die ekonomie met inmenging, rompslomp en hoër transaksiekoste gaan beleër,” het Van Onselen gesê.

Solidariteit is van mening dat die wetsontwerp ’n bedreiging vir ekonomiese vooruitgang inhou en dat dit versigtig heroorweeg moet word. Solidariteit sal kommentaar wat strook met die inhoud van hierdie verklaring aan die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming voorlê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

lw ·

Suid-Afrika moet leer uit ander lande se foute. Rusland en Oos Europa se ekonomie het ten gronde gegaan agv om bates te nasionaliseer.
Grace Mugabe het weereens bewys dat grondonteiening n gevaarlike ‘tool’ is in die verkeerde hande.
Indien Suid-Afrika op hierdie wyse voortgaan, gaan daar politieke onrus en opstand in die dekades vorentoe gebeur.
Juis deur swart mense want hul gaan nog steeds nie bemagtig word nie.
Ons het gesien in die afgelope 23jr dat wat die Regering implementeer het, net n klein groepie swart mense bemagtig het.
Ek glo eerder dat die Regering ons jeug vaardighede moet leer en die vryemark n ‘boost’ moet gee, sodat hul suksesvol opgehef word.
Nie almal is boere nie en nie almal stel belang om in afgeleë plekke te bly nie.

James ·

Jy praat baie waar, die probleem is net niemand maak die som vir die swartes nie. Ek verstaan daar is 35 000 kommersiele boere, daar is 40 miljoen swartes wat vir plase wag, dink hulle hulle gaan die 35 000 plase opgedeel kry tussen 4 miljoen swartes aan wie hulle PLASE belowe het? Op die ou einde gaan die President en Ministers, nes Mugabe tot 15 plase (elk) vir hulleself vat en die massas wat gestem het steeds in die plakkershut los met die riool wat rondom die huisie dryf .. NIKS gaan verander nie, maar ongelukkig gaan selfs hulle dit te laat agterkom. Die Zimmers het hierheen gevlug, waarnatoe vlug die Suid Afrikaners of gaan iemand hulle tot ander insigte dwing voor dit te laat is?

Demokrasie ·

Hier is duidelik die toepassing van die definisie van ‘demokrasie’ nl. “Om die minderheid die kans te gun om deur kommentaar te mag lewer deel te mag neem aan hulle eie ondergang”.
Kommunisme op sy beste in die moderne tyd.

AL ·

Mills Soko, ñ professor in Kaapstad het n baie waar artikel geskryf wat die erosie van staatsdepartemente en algehele dienslewering, topposte in staatsdiens aan politieke vriende gegee word, korrupsie ens. SARS en nou Tesourie wat n lee dop gaan raak. Vaardighede wat verlore gaan.
Ek dink hierdie wetsontwerp is die laaste troefkaart wat Zuma gaan speel om mag te behou. En dink dat dit oplossing sal bring vir al sy probleme.
Ons moet die regering vir al bogenoemde probleme verantwoordelik hou – want hierdie is die laaste domino effek voor alles inplof.

Dit is n baie goeie artikel van News 24.

snoefie ·

hoekom moet daar altyd kommentaar gevra word? hoekom is n simple ha of new nie genoeg nie? STOP NKWINTI. om grond sonder vergoeding te neem, is steel. laat “opkomende (swart en nie swart) boere grond koop. nes die gehate wit man gedoen het. daar is wragtig genoeg plase op die oop mark beskikbaar.

Rynhardt ·

Blankes, die vryheidsmanifes spel grondonteiening uit teen jou, maar jy wil dit nie glo of hoor nie.Jy gaan van alles gestroop word.Rugby-verslawing, partyjies en permanente ontkenning is aan die orde van die dag by jou!Zuma en kie. weet net hom om op die massas se gevoelens te speel.

Boerseun ·

Yip. Betaal eerder dstv, beeld en rapport, en stem vir die DA as om deel te neem aan volkseie aksies en programme. Op die ou end is daar twe mense, die wat dit verwag en die wat in ontkenning lewe . Die nguni was, en sal nooit jou vriend wees nie al is jy op hoe goeie voet met jou huishulp.

ElgeraineR ·

Ek is rerig bang vir allies wat besig is om te gebeur in hierdie land, alles is onderstebo, dis so verkeerd?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.