Verlies van byna R122 miljoen oor watervermorsing

Argieffoto

Die Demokratiese Alliansie het Woensdag die ANC-beheerde Emfuleni- plaaslike munisipaliteit (Vanderbijlpark) in Gauteng van watervermorsing ter waarde van nagenoeg R122 miljoen beskuldig omdat gebarste pype, onder andere, nie herstel is nie.

Kingsol Chabalala, DA-LP, het gesê Uhuru Moiloa, Gautengse lid van die uitvoerende raad, het die watervermorsing tussen Julie en Desember verlede jaar bevestig.

“Hierdie waterverliese kon voorkom gewees het deur lekplekke te herstel, waterpype te monitor en inwoners te maan om gebarste waterpype aan te meld,” het Chabalala verduidelik. “Hierdie miljoene, as gevolg van waterverliese, kon aangewend gewees het om die munisipaliteit se skuld aan Rand Water te betaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Petro ·

Julle praat van water mors kom kyk in Bloemfontein by die Universitas hosp hoeveel water en krag daar gemors word die krane loop sommer dik strale uit die krane en dan is dit nog kokende water al vier krane in die badkamer is almal kokende water ek het myself amper self verbrand gedink daar is koue water in die een kraan kom kyk in saal 7b

Wilma ·

Wie sal dit herstel. Jul laat my lag. Anptenare net da vi salarisse

Ingrid ·

Het eergister ‘n waterlek aangemeld waar die water al vir meer as ‘n maand in die straat afloop. Emfuleni se antwoord was dat hulle nie brandstof vir die voertuie het en dus nie kan uitgaan om die lekkasie reg te maak nie

pantoffel ·

ek hoop jy word ook aangekla omdat jy n maand gevat het om dit aan te meld ingrid.

Mrs H ·

Bwhahaha lees ek die berig terwyl die straat soos n rivier lyk hier voor. Ons almal raporteer tog te graag, daar is net nooit aksie. So le ons vullis ook al langer as n week in hul hope op die sypaaitjies… Ons kyk hoe die voertuie rond ry, maar ons moet ons seker verbeel dat dit n spook voertuig is, want Emfuleni se die voertuie loop nie, daar is nie geld vir brandstof of herstel werk aan voertuie nie. Maar kyk, daar is bitter vinnig geld as hulle n salaris wil vat of n bonus wil he, en moet tog nie die jaareind funksie vergeet nie! Ek’t twee maande gelede n epos gestuur om hulle in te lig dat ek nie munisipale rekeninge verder sal betaal nie. Ons kry buitendien niks daarvoor, behalwe skade wat ons self ook moet herstel en betaal. Hou eerder die geld eenkant en hoop ons kan n private munisipaliteit eendag begin. Ons kon private skole, sekuriteit en hospitale stig. Hoekom nie n munisipaliteit ook nie?

Saartjie ·

Ja nee Ingrid jy praat waar…… Vrotste munisipaliteit in die wereld….. Hulle het net mooi n verskoning vir als wanneer hulle nie dienste lewer nie…… Mense raak moeg vir hulle onbevoegdheid om dienste te lewer maar WAT WORD VAN DIE GELD…… Dis n vraag met n antwoord wat almal ken……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.