Verligting by vulstasies in vooruitsig

Foto: Brett_Hondow/Pixabay.com

ʼn Daling in die olieprys skets ʼn rooskleuriger prentjie vir Suid-Afrikaanse brandstofverbruikers nadat hulle die afgelope paar maande maar swaar by die pompe gekry het.

Só sê die Automobiel-Assosiasie (AA), wat in hierdie stadium ʼn daling van 91c per liter in die petrolprys, 70c per liter in die dieselprys en ʼn daling van 62c vir paraffien voorspel.

Die AA sê daar was sedert die einde van Mei ʼn beduidende daling in die prys van olie. Dit verhandel tans teen sowat $61 per vat.

“Suid-Afrika kon ongelukkig nie die meeste hiervan maak nie, weens die benoudheid van die rand ná die ANC se leierskap se openbare skermutselings oor die Reserwebank,” het die AA in ʼn verklaring gesê.

“Na ʼn tydperk van volgehoue prysstabiliteit, het die rand beduidend teen die Amerikaanse dollar verswak.”

Die AA sê die verwagte prysdalings is nietemin nie te versmaai nie.

“As die rand weer stabiliseer en olie op ʼn laer vlak bly, kan daar dalk net goeie nuus wees. Baie gaan afhang van politici wat hulself sal moet beteuel wanneer hulle openbare uitsprake maak.

“Ons doen ʼn beroep op die regering om agter geslote deure op ʼn ekonomiese beleid ooreen te kom, voordat hy in die openbaar daaroor praat waar beleggers dit sien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gerrie ·

Die verkiesing is mos nou verby,die regering het mos nie nou drngend geld nodig nie

Manna ·

Volgende maand dan gaan petrol weer 91 sent plus op en pryse van kos en goedere word nie verminder nie.

Anoniem ·

Ja tot volgende maand dan skiet die petrol prys op met 1 Rand per liter.

Judge Dredd ·

Die AA probeer baie hard om positiewe nuus te gee.
Dis nog nie eers die helfde van die maand, daar kan nog baie gebeur.

John ·

Droom maar voort, terwyl die naweek voorlè en vriespunt nog by 0 wyfel… en muskadel nog bekostigbaar is. Binnekort eet mot en roes die laaste soet tros.

Chris Ws ·

Nou wonder ek waar sou die brandstof prys nou gewees het sou die rand steeds teen R11.88 per dollar verhandel het soos toe die huidige president in Februarie 2018 in die stoel geplaas was?Dit meen ons kon dalk 25% minder vir ‘n liter betaal het as wat tans die geval is.Dankie mnr.die president!

ne ·

Daar sal seker nou weer ‘n brandstof heffing iewers vandaan kom. anc regering tap bloed uit ‘n klip.

Jacques die Goodwoodianer ·

Die komieklike deel vir my is die feit dat die AA vir die regering voorstel wat om te doen. Dit spreek (of skree) boekdele.

willem Botha ·

Dit klink baie belowend en die enigste positiewe nuus van die maand.

Cherokee ·

Dit is bietjie onregverdig. My tenk is vol.. duur petrol. Kom ons stel dit uit met so maand of wat.

Ella ·

As dit gebeur sal ek verbaas wees.
Voor dit gebeur sal daar weer ander faktore opduik bv die aanval op twee olietenkskepe in die Golf.
Ons sal nie verligting kry van hoë petrolpryse

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.