Verligting vir motoriste

petrolDie departement van energie het aangekondig dat brandstofpryse aanstaande Woensdag sal daal

Die prys van petrol sal met 51c per liter daal, terwyl die prys van diesel met ʼn swaelinhoud van 0.05% met 75c sal daal en dié met 0,005% met 73c per liter sal daal.

Die departement het gesê die grootste rede vir die daling is weens oliepryse wat afgeneem het. “Die prys van Brent-ruolie het vir die eerste keer in drie maande tot onder $55 per vat gedaal te midde van ‘n wêreldwye ooraanbod.”

Volgens die departement het die internasionale pryse vir alle petroleumprodukte ook gedaal. “Die verswakkende Rand het die oorverhaling op die basiese brandstofprys effens verminder. Die Rand het aansienlik geval tydens die tydperk onder oorsig, terwyl kommoditeitspryse ook bly tuimel het te midde van kommer oor ekonomiese verlangsaming in China.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Annie ·

Ag yipeee!!! Maar die skade is klaar gedoen met die kos pryse wat alweer die hoogte in geskiet het! Dit word glad nie aangepas na die brandstof prys af kom nie…

Manie ·

Die Petrol prys moes in elk geval nie so hoog gewees het nie. Die swak Regering isdie eintlike oorsaak van al die onnodige verhogings en degraderings va Moody Standard en poor ens Nou moet ons dankbaar wees vir die verlagingkie BS!!

Pieter ·

Siestog hulle lieg so,hulle het nou weer geld gemaak om gesteelde geld se terugbetalings te kan bekostig

Johann Marx ·

Wat is die voordeel van ‘n “wisselende brandstofprys” vir Suid Afrika? Alles wat in hierdie land gebeur, van kos produksie tot enige iets wat vervaardig word tot enige iets wat afgelewer moet word, se insetkoste word geaffekteer deur die wisselende brandstofkoste. As brandstofpryse opgaan, gaan alles anders se pryse op. As brandstofpryse daal, bly alles se pryse presies waar dit was. In die vroëer jare was die brandstofprys vasgestel, en elke boer, vervaardiger en diensverskaffer het geweet wat sy insetkoste was, want die brandstofprys was vasgestel en jaarliks aangepas indien nodig. Die regering het SASOL laat bou om brandstof uit steenkool te vervaardig (diesel is eintlik ‘n afvalproduk van hierdie proses) en daar was ‘n egalisasie fonds waarmee die regering oor- en onderverhalings laat “balanseer” het. Nou weet die kos-voorsieners, die vervaardigers en die diensverskaffers NIE wat die brandstofprys gaan wees oor ‘n maand of twee nie….en hulle moet kompenseer daarvoor, of finansiële verliese ly. Dit maak alles duurder as wat dit moet wees….en wie ly daaronder? Die armstes van die armes….Dit is ‘n regering se plig om ‘n land se ekonomie so sterk moontlik te maak. Ek herhaal my vraag: Wat is die voordeel van ‘n wisselende brandstofprys vir Suid Afrika?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.