Verligting vir motoriste by die vulstasie

Argieffoto (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Motoriste kan vanaf Woensdag uitsien na ʼn bietjie verligting by die vulstasie.

Die prys van petrol (alle grade) daal met 30c per liter. Diesel (met ʼn swaelinhoud van 0.05% en 0.005%) daal met 17c per liter, het die departement van energie Sondag in ʼn verklaring gesê.

Paraffien daal met 19c per liter en LP Gas met 23c per kilogram.

Die departement skryf die daling toe aan die rand/dollar-wisselkoers. Die rand het in Januarie teen die dollar verstewig, wat tot laer prys vir brandstof gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ja ne ·

Ja ja ja en die maand daarna klim dit 80c n lt. Ons word so gebreinspoel.

Johann Marx ·

By die meeste vulstasies is die petrolprys oor die algemeen dieselfde……..maar die dieselprys (vir dieselfde swael-inhoud) kan met meer as 50c per liter verskil. Waarom? Ek verstaan dat daar amper twee liter petrol vervaardig moet word om ‘n liter diesel te kry….maar hoekom verskil die prys van vulstasie na vulstasie so?

Mike Kaapstad ·

Ag die petrol is soos n jo-jo , what ever op en af,maar spaar darem weer so R 14 op n tenk…………

shark ·

BIG deal, die meeste mense weet dit is taktiek om die brandstof prys weer-eens op te stoot sodat die korrupte “amptenare” steeds kan scoop, niks goeds kan meer geglo word van ons staatsdiens wat buite beheer is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.