Verligting vir motoriste in Desember

Argieffoto (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Die departement van energie het Saterdag die petrolpryse vir Desember bekend gemaak.

Die prys van alle grade petrol daal Dinsdagaand om middernag met 20c per liter.

Diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% daal met 32c per liter en diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005% daal met 31c per liter.

Paraffien sal 28c per liter minder kos (groothandel) en 38c per liter (enkel maksimum nasionale handelsprys).

LP Gas daal met 17c per kg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

johann mouton ·

My dank aan Maroela media vi gratis nuus aan ons..hou dit so.puik

zoom zoom ·

In die week wat vetny is was geno van 40c p/lt wat petrol prys gaan daal. Nou is dit net 20c. Dit is nie iets om oor opgewonde te raak nie. Waar is die geld wat in die stabilisasie fonds is om heffings te subsideer

Ditsem! ·

Ek wil ook weet!? en ek stem100% met jou saam niks om oor opgewonde te raak nie.

Bekkie ·

Jou dop. In Januarie, wanneer vakansiegangers moet terugkeer, styg dit weer.

Chris Ws ·

Net ‘n suigstokkie om ons tydelik te sus.Wag en kyk maar wat gebeur vorentoe!

Varkie ·

Ek het n 35 liter tenk.. so dis maar R7 goedkoper.. en as dit op gaan dan dit weer R7 duurder.. so watse verligting is dit nou eintlik ? Ek staan altyd verstom en wonder hoekom mense op Dinsdae aande in lang rye by vulstasies staan om R10-R20 te spaar, maar hulle ry dan die groot spog motors wat so hoog brandstof verbruik het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.