Verligting vir Wes- én Noord-Kaap op pad

Foto: Pixabay

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het gesê die Wes-Kaap en Noord-Kaap behoort dié naweek asook vroeg volgende week reën te ontvang.

Kate Turner en Kevin Rae, weervoorspellers by die SAWD, het gesê ligte tot matige reën (10 mm of minder) kan Saterdag en Sondag oor die sentrale en oostelike dele van die provinsies verwag word.

“Maandag se voorspelling lyk ʼn bietjie beter wanneer albei provinsies reën sal ontvang in die vorm van donderstorms,” het Turner en Rae gesê.

Die reënval sal volgens Turner en Rae nie swaar wees nie met die uitsondering van die bergagtige gebiede van die Wes-Kaap. Hulle het wel bygevoeg dat swaarder buie, min of meer in die omgewing van 30 mm, Maandag en Dinsdag in die Wes-Kaapse binneland kan voorkom.

Die SAWD het bygevoeg dat dit reeds duidelik is die westelike en suidwestelike kusgebiede insluitend die Kaapse skiereiland sal nie baie reën ontvang nie. Volgens hulle is die enigste kans vir die Kaapse skiereiland om reën te ontvang Maandag en Dinsdag. “Selfs dan sal dit onrealisties wees om meer as 10 tot 20 mm per dag te verwag.”

Turner en Rae het gesê al word daar ligte tot matige reën voorspel sal die algemene vogvlakke van die grond aansieklik verhoog. “Die verdamping sal egter geneutraliseer word deur koel, bewolkte toestande. Onder dié omstandighede kan hoë vogvlakke moontlik lei tot modderstortings in gunstige gebiede. Die droogte het die oppervlak op plekke gestroop van plantegroei en dit dra ook by tot die moontlikheid van modderstortings in heuwelagtige of bergagtige gebiede.”

Die SAWD het gewaarsku hoewel dié reën verligting op kort termyn kan bring sal dit op lang termyn min impak hê. “Baie meer reën is nodig om die Wes-Kaap deur die droogte te dra.”

Hul het bygevoeg dat dit nog te vroeg is om te spekuleer of dié provinsie se winterreën vroeg of later in die seisoen sal plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Cherokee ·

Dit is wònderlike nuus – verligting vir die Kaap en Kapenaars!

Marianne ·

? wees ons genadig Here en bied verligting. Alle gawes kom uit die Hemel.

Peet Schabort ·

Ons teen die wal van die Vaaldam het dit ervaar. Van 25% tot oorvol het die Vaaldam gestyg in ‘n kwessie van 2 maande. Elke dag het ons gekyk hoe hierdie wonderwerk besig is om plaas te vind. Geleerdes het voorspel dat dit 3 tot 5 jaar sou neem. ‘n Wonderwerk ? Natuurlik!! Dieselfde word aan julle toegebid. Tog moet daar beter voorsiening gemaak word vir die voorkoming hiervan. In die 1970’s was Namibië (Windhoek) reeds op die suiwering van rioolwater vir menslike gebruik, Ek weet want ek het daardie water gedrink en leef nog steeds!! Dit gaan egter verder want die verwerking van riool in hierdie land is pateties en dra by tot uiterste besoedeling. Die aarde is geskape met net ‘n sekere hoeveelheid water maar ons, die mens, befoeter alles. In die 1960’s was daar ‘n waterjaar met die leuse: “Water, werk mooi daarmee want ons leef daarvan”. Die besoedeling van ons waterbronne gaan maak dat ons duur gaan betaal. Begin op laerskoolvlak om kinders bewus te maak van rommelstrooi ens, asook die misbruik van ons natuurlike hulpbronne. Daar is NIE ‘n tweede kans om reg te maak wat opgedons is.

Hanco ·

Ek herinner my aan Angus Buchan se stelling dat die droogte in Maart gebreek gaan wees. Dit lyk my dis moontlik…..

Koos ·

Die oom het gese: Geen droogte en DIE DAMME SAL VOL WEES. Al reen dit dag en nag nou in die kaap sal die damme nie vol wees in Maart nie.

Ontevrede Leser ·

hoe kan n mens die weerburo vertrou, Pretoria sou al vele kere in die nuwe jaar goeie reën neerslae gehad het, dit gebeur egter nie, hulle was die klomp wat gese het dat daar nie “rumors” versprei word nie, maar wat doen hulle

Lizette ·

By ons Vader wat d Gewer v alle goeie gawes is, is NIKS onmoontlik nie. Ons bid deurlopend vd Kapenaars.

Penellope Jones ·

Dit sal so wonderlik wees!
Dankie Heer vir die ligte reen wat op die oomblik by ons val hier in die Wes-Kaap.

Sterretjie ·

Dankie Abba Vader en open asb die hemel se sluise. Ons spreek in en deur U kosbare naam verligting en seen en U reen oor die Kaap en alle droe gebiede. Dankie vir U genade groot.

Riaan ·

Ons moet aanhou bid. Maar ons moet ook glo. God gebruik somtyds snaakse maniere om ons net weer nader aan mekaar te bring. Ons bid hier uit Blou Bul land vir ons WP vyande. Net n ou grappie.

Glo en vertrou ·

Reën vir die twee provinsies is baie baie welkom. Maak nie saak hoe bietjie dit is nie. Was twee jaar terug in die Noord Kaap, Upington se werêld en dit het gereën toe ons daar aan gekom het tot die dag voor ons weer vertrek het. Wat ñ verskil in die landskap. Alles wat bruin en stowerig met ons aankoms. Met die terugtog was alles groen en die plasse water het oral langs die pad gelê.

Ontevrede leser, dalk moet jy bietjie jou sambreel saam neem werk toe wanneer SAWD nou weer vir julle reën voorspel. Wonder werke gebeur. Ons moet net glo en vertrou. Sê maar net.

TLC ·

Ek sê ook wie dink die slim mense is hul om voorspellings te maak genugtig as hul sê dit gaan warm wees dan is dit vrekwarm God is in beheer en as hy die sluise oopmaak sê ons Amen en ja Elke druppel maak saak. En so glo ek ook HY praat met ons. So laat ons op ons knieë gaan en bid vir soma baie reen en dalk kom dit nie more nie maar kom sal dit kom Amen. Ja slag my nou oor my geloof maar so sal ek bly glo Amen

Jcwf ·

Ek hoop en bid dat julle daar aan die Kaap genoeg reën gaan kry.

Maar die klimaat verander reeds en dit is ‘n bedreiging vir ons almal. Ons moet na sonne-energie oorskakel. En ja dit is moontlik, selfs ekonomies sinvol, maar daar is hulle wat dit uit hebsug en magswellus teenstaan. En nee, hierdie is nie Christelike waardes nie.

Anton ·

Ons bid so dat die Here die sluise van die hemel sal oopmaak en mense, plante en diere uitkoms sal kry.

ontevrede leser ·

“glo en vertrou”, lyk my jy KYK nie na weervoorspellings nie, ek is n gelowige mens wat glo daar moet gebid word vir verligting, herstel, gesondheid, ens., en laaste maar nie die minste, glo in God, onse Vader, skepper van hemel en aarde en ALLES wat daarin is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.