Verligting wag dalk op motoriste

petrolpomp 2

Argieffoto.

Die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika (AA) het Maandag gesê ’n moontlike verligting wag op motoriste wanneer die brandstofpryse vir Junie aangekondig gaan word.

“Ons verwag dat petrol met 26c per liter sal daal terwyl diesel en paraffien met 20c per liter sal daal,” het die AA gesê.

Volgens die AA het die rand in Mei opgang gemaak teen die Amerikaanse dollar en het internasionale petroleumpryse teruggesak.

“Politieke onsekerheid sal volgens alle aanduidings voortduur en dis ons uitkyk op die mediumtermyn dat laer internasionale petroleumpryse die sleutel sal wees tot handhawing van plaaslike brandstofprysstabiliteit indien die rand weer verswak.”

Brandstofpryse het op 3 Mei met 49c per liter meer vir petrol en tussen 30 en 32c per liter vir diesel gestyg. Dit is die hoogste wat dit die afgelope jaar en ’n half was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

job jobson ·

Op die platteland is als maar duur. Ek het my 2015Merc 180 vkoop n is i voetsoldaat van 65jaar- lank in die army gwies.

Koos1 ·

Moenie te vinning bly raak nie.
Mei maand het nog drie nagte, Zuma kan nog die kabinet skommel of iets onsinning kwyt raak!

jakes ·

Ja stem saam jou
Of hy kan dalk nog ‘n paar randjies by die Guptas belê

Johann Marx ·

Enige berig met die woord “DALK” in…..beteken absoluut niks. DALK val die hemel ook en ons dra almal blou hoedjies….

Pitbull ·

Foeitog!! Moet dit ons nou bly maak? Dis net sodat die prys daarna weer met dubbeld soveel verhoog kan word. Ou taktiek van ons vrot regeringstelsel!

Sanna ·

Jaja moenie te gou bly raak nie. Dit gebeur permanent. Petrol kom af yipppeee en n maand later gaan hy weer dubbel op.

Johan ·

Sjoe!!, gaan my ‘n hele R12.40/tenk spaar, so R30 vir die maand!!! Nou kan ek huis koop, kar koop en die res belê!!

Dikvel ·

Ek dink die branstof prys moet net een keer er jaar verander word
Dit stel die regeringgggg in staat om te beplan en die rys mag net in vergelyking van die olie prys verander word
Hoeveel olie voer ons in en hoeveel voorsien Sasol

Koos1 ·

Dikvel, ek stem saam, maar met die regering soos dit tans is kan hulle nie eers ‘n braai vir twee vir volgende maand beplan nie, wat nog vir ‘n jaar vooruit. As die regering sien hy het geld nodig, stuur hulle net hulle hoofnar uit om bietjie nonsens te praat en siedaar, die rand val en hulle kry meer geld, want sien die olie in die land is klaar betaal, maar die nuwe pryse word gehef. Makilik nè!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.