Volgens die Automobiel-Assosiasie (AA) sal die daling te danke wees aan die rand se sterk vertoning teen die Amerikaanse dollar in Desember, ondanks die feit dat internasionale oliepryse gestyg het.
“Die rand het ‘n baie sterk lopie teen die dollar gehad sedert die middel van die maand en aansienlik veld gewen nadat Cyril Ramaphosa as die ANC se nuwe president gekies is.”
Volgens die AA het die rand aan die begin van die maand teen R13,80 teen die dollar verhandel terwyl dit nou in die omgewing van R12,30 verhandel. “Ons verwag dat petrol met tot 34c per liter sal daal, diesel met 26c en paraffien met 28c.”
Die AA het gesê Ramaphosa se politieke en fiskale posisie vóór die begrotingsrede in Februarie sal waarskynlik die bepalende faktor vir brandstofprysveranderinge in die korttermyn wees.
Brandstofpryse het begin Desember skerp gestyg. Petrol het met 71c per liter gestyg en diesel met tussen 57c en 60c per liter. Hierdie styging is aan internasionale oliepryse asook wisselkoersskommelinge toegeskryf.
34c daling na ‘n 71 styging. So dis steeds duurder as in November. Nie veel verligting nie EN pryse van brood, melk ens ens is klaar hoog en styg steeds.
En die petrol het ook aan die begin van November gestyg wat gemaak het dat die petrol van Oktober tot nou toe met bykans R2 gestyg het. So 34c is ‘n grap.
Hulle het dan klaar hulle geld gemaak.
Gaan kospryse ook daal
Elke jaar is dit dieselfde. Voor ‘n vakansie tydperk styg die petrol en insgelyks, voedselpryse. Na die vakansie daal die petrolpryse weer, maar voedselpryse bly hemelshoog. Wie probeer die regering flous? Daar kan gerus gekyk word na Supermarkte se reusagtige winste terwyl dit heeltemal teen die Woekerwet is.
Petrol prys verhogings maak lankal nie meer vir my sin nie. daar sal altyd ‘n flou verskoning wees vir die styging en ewendeel ‘n verskoning vir die daling van petrol pryse. Snaaks hoe dit altyd oor ‘n fees seisoen gebeur. En nou het die rand skielik versteld na ou Cyril se aanstelling.
REGTIG? Moet mens al die str#nt stories glo?
Maar kos en ander huishoudelike items skiet die hoogte in oor brandstof verhogings……. en bly daar.
Teen R12.30 teenoor die Dollar is die Rand slegs 0.08 (8 sent ) werd. Vrot!! En daar word gejuig ! Eens op ‘n tyd tydens die “vreeslike” apartheidsjare kon ZAR R0.75 $1 VSA dollar koop !! Ons leef in ‘n gekke paradys, seg Zaratustra !!
mmm Styg in Rande, daal in sente. Geen verligting daar nie.