Verligting wag op motoriste voor Desembervakansie

Argieffoto

Argieffoto

Die Automobiel-Assosiasie (AA) meen motoriste kan uitsien na laer brandstofpryse in Desember.

“Die rand het skerp gedaal teenoor die Amerikaanse dollar ná die verkiesing van Donald Trump as die volgende Amerikaanse president, maar het ʼn paar van sy verliese sedertdien herwin,” het die AA gesê.

Die Sentrale Energiefonds sal Vrydag die brandstofpryse vir Desember bekend maak. Die AA is egter van mening dat daar ʼn slaak van verligting op motoriste wag. “Petrol sal na verwagting met sowat 41c per liter daal, diesel met sowat 38c en paraffien met sowat 36c.”

“Toekomstige beweging van die rand en internasionale brandstofpryse raak al hoe meer ingewikkeld om te voorspel en aangesien dit die hooffaktore is rakende die prys wat ons by vulstasie betaal moet Suid-Afrikaners versigtig wees om hul hoop op verdere brandstofprysverlagings te plaas.”

Die AA het gesê verskeie ander faktore, insluitend plaaslike politieke verwikkelinge en kredietgraderingsagentskappe, speel ook ʼn rol. “Ons verwag dat die wisselvalligheid oor die volgende paar maande in die brandstofpryse gereflekteer sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Ja, want dan is al ons land se brandstofreserwes uitgery!!! HAHAH!!

Christelle ·

Ja dit is net tydelik as mense regtig oplet betaal ons al jare en jare meer vir petrol. En soos die ander sê net tot Januarie dan styg dit weer en voor die jaarlikse ‘budget’ styg dit weer en voor die lang naweke daal dit weer met ‘n paar sent en styg dan weer skerp in April en so gaan dit aan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.